’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Skurfbas.

FOTO 217. Karakteristieke kenmerke van skurfbas word met oneweredige/onvoldoende verhouting van sommige lote by geïnfekteerde stokke geassosieer.

FOTO 218. Die neiging van rubberagtige lote (soos in Foto 217) om ’n sekelvormige en hangende voorkoms aan te neem, word hier geïllustreer. Let ook op die donkerbruin, perskleurige voorkoms van blare by geïnfekteerde stokke wat boonop aan baie laat afwerping onderworpe is. Aanvullend hiertoe is die voorkoms van dooie, skurwe en gekraakte bas op die stamme kenmerkend van skurfbas.

142 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator