’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Skurfbas (215); rugose wood kompleks (216).
FOTO 215. ’n Voorbeeld waar dooie, skurwe bas nie aan normale afwerping daarvan onderworpe was nie, om sodoende karakteristieke abnormaliteite soos met skurfbas geassosieer word, te openbaar. Met die deursaag van die dooie stam (kyk Foto 216) kon egter ook duidelike kenmerke van gleufstam waargeneem word – wat aanduidend van die gesamentlike voorkoms daarvan kan wees.
FOTO 216. Tipiese vergleuwing by die deurgesaagde stam soos in Foto 215.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 141
Made with FlippingBook Ebook Creator