’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Rolblaar.

FOTO 192. ’n Voorbeeld waar rolblaar onwrikbaar in die middelste blokke vasgeskop het. Primêre verspreiding na aangrensende blokke is ’n feitlik uitgemaakte saak – veral waar toepaslike vektore sou voorkom en drastiese ingryping nie uitgevoer word nie.

FOTO 193. Intense rolblaarinfeksie laat hierdie hooggeleë blokke amper soos rosyndroogbane vertoon. Op die voorgrond voer geïnfekteerde Sauvignon blancstokke ook maar ’n sukkelbestaan.

128 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator