’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Rolblaar.

FOTO 190. Ten spyte van algehele herinfeksie – wat aan sekondêre verspreiding van rolblaar toegeskryf kan word – kan in hierdie voorbeeld duidelik tussen verskillende kategorieë (visueel lig en swaargeïnfekteerd) onderskei word.

FOTO 191. ’n Kenmerkende voorbeeld van primêre verspreiding van rolblaar vanaf omringende of nabygeleë blokke. In hierdie geval sou die jong wingerd (links onder) as besonder blootgestel aan herinfeksie beskou kan word – veral waar witluis en miere teenwoordig is.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 127

Made with FlippingBook Ebook Creator