’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Root formation problems (3); withered shoot growth (4); vascular tissue problems (5).
DEEL 4
wording vereenselwig. Hoewel genoemde verskynsels as kenmerkend van virusgeassosieerde siektes beskou kan word, is dit nie spesifiek nie en behoort deskundige advies ingewin te word ten einde verwarring met ander moontlike oorsake te voorkom. In die lig daarvan dat spesifieke anatomiese reaksies/veranderings by virusgeïnfekteerde stokke teweeg gebring word, sou ’n basiese kennis van normale wingerdstokanatomie as ’n nuttige bykomende hulpmiddel ten opsigte van probleemidentifikasie kon dien. Allerweë moet/kan ’n grondige kennis van abnormaliteite verbonde aan virusgeassosieerde siektes/verskynsels – veral wanneer dit in kombinasie by dieselfde stokke sou voorkom – as van hoë prioriteit beskou word, of dit nou met fitosanitêre seleksie of selfs by die oorwerk van bestaande wingerde na alternatiewe kultivars te make het al dan nie. Sou sodanige abnormaliteite aldus met bogenoemde verskynsels vereenselwig word, is dit aanduidend daarvan dat die fitosanitêre status van die plantmateriaal nie op standaard is nie – waardeur toekomstige inwingerd prestasie van vegetatiewe nakomelinge ernstig gekortwiek sou kon word. Oorkoepelend moet deeglik in gedagte gehou word dat wanneer virussiektes sodanig voorkom dat die visuele voorkoms daarvan met spesifieke abnormaliteite geassosieer kan word, ’n blywende/onomkeerbare probleemsituasie reeds aan die orde van die dag is wat nie met chemiese middels/integrale spuitprogramme beheer of uitgewis kan word nie – om derhalwe die uithaal en verbrand van geïnfekteerde stokke as feitlik die enigste alternatief te laat. Uiteraard is slegs op die ekonomies belangrikste en mees gevaarlike siektes gefokus, terwyl voorbeelde wat wel plaaslik voorkom, maar van minder ekonomiese belang is, nie opgeneem is nie. Die verwagting word gestel dat beeldmateriaal ten opsigte van karakteristiek, visueel waarneembare abnormaliteite soos by individuele siektes voorkom, mag meehelp om aan belanghebbendes nie alleen die geleentheid tot korrekte identifikasieprosedures te bied nie, maar dat dit ook mag meewerk om geïnfekteerde wingerde op sodanige wyses te bestuur dat verdere verspreiding so doeltreffend moontlik aan bande gelê word.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 111
Made with FlippingBook Ebook Creator