’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Virus associated phenomenon (1); thickened graft union (2).

4

VIRUS- EN VIRUSAGTIGE SIEKTES

D ie voorkoms van en nadelige uitwerking wat deur skadelike virus en virusagtige siektes by geïnfekteerde stokke bewerkstellig word, is ’n bekende verskynsel in die SA wingerdbedryf – waardeur feitlik sonder uitsondering stelselmatige afnames in die kwaliteit en kwantiteit van opbrengste met ’n gepaardgaande verkorte lewensverwagting by geïnfekteerde wingerde geïnduseer word. Teen die agtergrond dat in SA ’n besonder hoë premie op plantverbetering geplaas word ten einde te verseker dat slegs die beste materiaal van hoë fitosanitêre gehalte aangeplant word, kan geredeneer word dat die steeds voortslepende voorkoms van virusgeassosieerde siektes aan ’n verskeidenheid van faktore/aspekte waardeur onder andere opsporing, oordraging, verspreiding en herinfeksie beheer/gereguleer word, toegeskryf kan word. In hierdie verband word toonaangewende navorsing by die Departemente Genetika en Bewaringsekologie & Entomologie (Universiteit Stellenbosch), asook by LNR InfruitecNietvoorbij (Stellenbosch) en die LNR Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming (Pretoria) onderneem met die oogmerk om verskeie oorkoepelende aspekte wat by die wingerdviruskompleks betrokkenheid inhou, te ontrafel. Voortspruitend uit hierdie navorsing het verskeie insiggewende en bedryfstoepasbare bevindings reeds oor tyd in publikasieformaat verskyn, waarin onder andere spesifieke riglyne betreffende die beheer en bestuur van hierdie siektes neergelê kon word (Carstens, 2001; Pietersen, 2004/5, 2010; Addison et al., 2011; Coetzee & Burger, 2011; Goszczynski, 2011 ea). In teenstelling met swam en bakteriese siektes word spesifieke abnormaliteite verteenwoordigend van virusgeassosieerde siektes nie met lokale skade en visueel waarneembare letsels in of aan toepaslike organe of orgaanoppervlaktes vereenselwig nie, maar is by geïnfekteerde stokke meestal uiterlik kenmerkend van spesifieke orgaanmisvorming/vervorming – wat veral in die geval van blare in samehang met onreëlmatige en ontydige kleurveranderings volgens spesifieke patrone voorkom. In samehang hiermee word geïnfekteerde stokke byna sonder uitsondering met onder andere kleiner wortelstelsels, vertraagde/onreëlmatige bot, laer reserwevlakke, verdwergde lootgroei, kleiner blare, kleiner en misvormde trosse asook vertraagde en onreëlmatige ryp­

110 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator