’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Kroongalagtige swelsels.
FOTO 163. Die verdroging en afsterf van jong lootjies wat met die uitbot van ogies in die swelsels (Foto’s 160, 161 & 162) gepaardgaan, word duidelik geïllustreer. Ná uitbot word laasgenoemde ook aan afsterwing onderwerp.
FOTO 164. ’n Vergrote weergawe van ’n individuele swelsel is aanduidend van die voorkoms van talryke oënskynlik geswolle ogies. Let op die intense krakerige en skurwe basgedeeltes. Sodanige swelsels of galagtige strukture is atipies betreffende kroongal en moet nie daarmee verwar word nie.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 109
Made with FlippingBook Ebook Creator