’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Kroongal.
word, kan die voorkoms van kroongal by eenjarige geënte stokke feitlik as iets van die verlede beskou word – terwyl dit in vroeëre jare wel en veral by ongesertifiseerde materiaal voorgekom het. Versigtigheid moet aan die dag gelê word om geswolle, skurwe entlaste uitsluitlik aan kroongal toe te skryf, al sou tipiese galle op onderstamme van volgroeide stokke voorkom (Foto 158). In hierdie spesifieke geval is die swelsels op die hoofstam – wat deurlopend abnormaal verdik, kortlittig en met ’n uitsonderlike klein murggedeelte bedeel is – asook op die kordonarms voortgesit om uiteindelik ’n bydrae tot vroeë terugsterwing te bewerkstellig (Foto’s 159, 160, 161, 162 & 163). ’n Nader opname van hierdie swelsels (wat deur los en krakerige basgedeeltes omkring word), is aanduidend van die voorkoms van talryke ongebotte ogies (Foto 164). Samevattend kan gestel word dat hoewel kroongal in hierdie spesifieke geval aanwesig is, bykomende aspekte/faktore tot die uiteindelike probleemsituasie bygedra het. Alvorens enige bespiegelings oor onder andere moontlike groeireguleerderwanbalanse aldus geopper word, word die noodsaaklikheid van deeglike laboratorium ondersoeke ten sterkste aanbeveel.
FOTO 154. Kenmerkend van kroongal is die ontwikkeling van karakteristieke galle op hoofstamme van stokke naby die grondoppervlakte. In hierdie spesifieke geval was galvorming resulterend van aanvanklike verwonding.
104 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator