’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Root formation problems (3); withered shoot growth (4); vascular tissue problems (5).
BAKTERIESE SIEKTES Kroongal 3.2
H oewel kroongal in al die verbouingsgebiede kan voorkom, is dit veral in die Oranjeriviergebied – weens moontlike bevorderlike klimaatstoestande – van ’n werklik problematiese aard waar dit tot die ontketening van aansienlike verliese by vatbare kultivars kan bydra. Volgens die literatuur kan die bakterieë vir lang tydperke (in die afwesigheid van enige plantegroei) in grond oorleef om suksesvol – selfs oor groot afstande – deur spoelaksies, implemente, voertuie en diere versprei te word. Bykomend kan ’n wye reeks van gasheerplante tot ’n aansienlike opbouing van populasiegetalle aanleiding gee. Soortgelyk aan vlamsiekte, geskied binnedringing van materiaal deur wonde (wat onder andere deur skoffelaksies, ryp, wind en insekte aangebring word) waarna die bakterieë sistemies deur die stok versprei. Die siekte kan ook latent in stokke voorkom wat tesame met die sistemiese aard daarvan uitstekende geleenthede vir verspreiding deur kwekerymateriaal daarstel. Die vestiging van jong geïnfekteerde stokkies lei gewoonlik tot aanvanklike swak groeikrag waardeur vroeë afsterwing (binne twee tot drie jaar) bewerkstellig kan word – ’n situasie weer eens aanduidend van die prioriteitswaarde gekoppel aan die deurlopende benutting van gesertifiseerde voortplantingsmateriaal. Hierteenoor word geïnfekteerde ouer stokke, hoewel dit langer kan oorleef, met ’n afname in produksie en dikwels onvoldoende lignifikasie van lote vereenselwig. Uiteraard kan sodanige lote deur vroeë herfsryp beskadig en verwond word. Desondanks dat kroongal met karakteristieke, visueel waarneembare kenmerke geassosieer word, kan die uitdrukking daarvan soms verwarrend en van ’n wisselende intensiteit wees. Derhalwe is dit ook hier van belang dat deskundige advies vir akkurate identifikasie ingewin word ten einde toepaslike voorkomingsmaatreëls aan die orde te stel. Ná binnedringing van materiaal deur wonde word sappige omgewingsweefsel(s) deur die bakterieë tot abnormaal vinnige vermeerdering geprikkel waarna dit in die vorm van galle/ gewasse na buite uitdy. Sodanige situasies is vervolgens aanleidend tot die verskyning van kenmerkende/karakteristieke galle op hoofstamme van stokke naby die grondoppervlakte (Foto’s 154 & 155). Aanvanklik vertoon galle roomwit tot liggroen van kleur met ’n ronde, sagte en gladde voorkoms wat met veroudering in donkerkleurige, hard en vratagtige strukture verander met gedeeltes wat dikwels afval en verrot. Galle kan ook hoër op aan stamme, lote en selfs by vatbare onderstokke onder die entlaste ontwikkel (Foto’s 156 & 157). Die voorkoms van galle op stamgedeeltes het tot gevolg dat stokke met verloop van tyd kan afsterf, afhangend van die intensiteit waarin dit voorkom. In gevalle waar kroongal by geënte stokke in kwekerye sou voorkom, word galvorming meestal tot verwondings aan die onderstokkomponente beperk – met klem op die entlaste en posisies waar oë aanvanklik by entlote uitgesny is. Volgens die literatuur kom galle nie op wortels voor nie, maar kan by basale pole van plant en entlote – waar wortelvorming nie eenvormig rondom plaasgevind het nie – ontwikkel. Uiteraard sal sodanige situasies ’n belangrike rol in die verspreiding van hierdie siekte kan uitoefen. Danksy egter die hoë standaarde wat plaaslik aan die fitosanitêre gehalte van voortplantingsmateriaal gestel word en by geregistreerde kwekerye gehandhaaf
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 103
Made with FlippingBook Ebook Creator