Vinpro Tegniese Oesverslag 2025

meeste verbouingstreke geheers, met die uitsondering van kort hittepieke in Desember en Januarie, wat plek-plek sonbrand in veral die Swartland en ander droëland gebiede tot gevolg gehad het. Rypwording het deurgaans teen ’n bestendige pas verloop, wat druk op logistiek en kelderspasie verlig het. Druifontledings het bogemiddelde suurvlakke en intense kleur en geurprofiele beloof, wat positief is vir verwagte wynkwaliteit. Produksietendense vir vroeë kultivars het aansienlik verbeter, vernaam vir Chardonnay en Pinotage, hoofsaaklik weens herstel na rypskade

in 2024. Chenin Blanc het wisselvallige produksie met goeie kwaliteit aangeteken. Die middel tot laat kultivars het ook hul kant gebring met tydige rypwording, veral die edel rooi kultivars soos Shiraz en Merlot, asook die veelsydige wit hoeksteenkultivar, Colombar. Die matig tot warm en droë toestande (Figuur OS 4) tydens die oestyd was die kersie op die koek en uiters bevorderlik om laat kultivars in optimale gesondheid en rypheid in die parskuipe te kry. Hoe gepas om in Pinotage se eeufeesjaar die kersie op ’n sprokiesverhaal seisoen uit te blaas!

VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 7

Made with FlippingBook - Online catalogs