SATI Beyond The Bunch 4th Quarter 2024
Spesies Die mees algemene skadelike blaaspootjies in Suid-Afrikaanse tafeldruifwingerde word in Tabel 1 opgesom. Almal behalwe die sitrusblaaspootjie en die koejawelblaaspootjie is uitheems maar nietemin wydverspreid in Suid-Afrika.
TABEL 1. Die mees algemene blaaspootjies van ekonomiese belang in Suid-Afrikaanse tafeldruiwe.
Wetenskaplike naam
Afrikaanse naam
Engelse naam
Mees algemene tyd
Mees algemene skade
Frankliniella occidentalis Frankliniella schultzeii
Westelikeblomblaaspootjie
Western flower thrips
Vroegseisoen
Merke op korrels
Kromnekblaaspootjie
Blossom thrips
Vroegseisoen
Merke op korrels
Thrips tabaci
Uieblaaspootjie
Onion thrips
Vroegseisoen
Merke op korrels
Scirtothrips aurantii
Sitrusblaaspootjie
Citrus thrips
Laatseisoen
Beskadig jong groei
Neoheliothrips sylvanus
Koejawelblaaspootjie
Guava thrips
Laatseisoen
Blaarversilwering
Retithrips syriacus
Kasterblaaspootjie
Castor or black vine thrips Laatseisoen
Blaarversilwering
Blaaspootjies is moeilik om te identifiseer omdat hulle so klein is en sommige spesies slegs op mikroskopiese kenmerke onderskei kan word. Hulle kleur en grootte hang gedeeltelik van hul ouderdom en dieet af en kan dus slegs ’n aanduiding van spesie wees – korrekte identifikasie verg ’n deskundige. Hou egter in gedagte dat blaaspootjies met ’n buisvormige agterste segment (Figuur 1) in die nie-skadelike Tubulifera-groep val. Daarby is blaaspootjies met ligte en donker strepe oor die vlerke gewoonlik predatore. Predatoriese blaaspootjies help om skadelike blaaspootjies en myte te beheer.
ADOBE STOCK
ADOBE STOCK
Figuur 1: ’n Terebrantia-blaaspootjie (Frankliniella occidentalis) links en ’n Tubulifera-blaaspootjie (Gynaikothrips ficorum) regs. Let op die buisvormige agterste segment (rooi sirkel) van die Tubulifera blaaspootjie.
Figuur 2: Uieblaaspootjie (Thrips tabaci) links en Westelike blomblaaspootjie (Frankliniella occidentalis) regs.
BEYOND THE BUNCH • 9 • KWARTAAL 4 • 2024
Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online