SATI Beyond The Bunch 1st Quarter 2025

Peste Vrugtevlieë ( Ceratitis spesies) en valskodlingmot ( Thaumatotibia leucotreta ) is die twee vernaamste peste wat by swak wingerdsanitasie baat. Beide lê eiers in ryp vrugte en hul larwes kan aanhou ontwikkel selfs na korrels grond toe geval het. Hul papies kan in uitgedroogde vrugte aan stokke of op die wingerd vloer oorwinter.

Hoe groei insekbevolkings? Die lewensiklus van insekpeste is van temperatuur af hanklik. Vrugtevlieë voltooi hul lewensiklus in ongeveer drie weke in warm weer. Valskodlingmotte neem ongeveer vier weke. Beide peste kan dus veelvuldige generasies in een seisoen voltooi. Saamgestelde rente is ’n nuttige model om insek- bevolkings te verstaan – die grootte en tydsbereke ning van die aanvanklike belegging maak ’n wesen like verskil. ’n Spul bestaande volwasse peste binne die wingerd vroeg in die lente gaan teen oestyd tot ’n baie groter bevolking lei in vergelyking met ’n klompie volwasse peste wat later in die seisoen van buite inkom. Suid-Afrikaanse navorsing oor vrugtevliegbevolkings in vrugteboorde het gewys dat bronne van vlieë binne boorde sowel as huistuine of alternatiewe gashere die oorsprong van brandpunte was. Ander vrugsoorte en alternatiewe gashere kan dus die druk op tafeldruif wingerde verhoog.

Wingerdsanitasie is belangrik vir die beheer van vrugtevlieë en valskodlingmotte.

LNR INFRUITEC-NIETVOORBIJ

PIA ADDISON

Sanitasiepraktyke

Vegetatiewe materiaal Praktyke rondom snoei kan die risiko van veral stamsiek tes op twee maniere verlaag. Eerstens kan bronne van spore verwyder word en tweedens kan stokke teen nuwe infeksies beskerm word. Enige geïnfekteerde materiaal is ’n moontlike bron van spore. Begin deur geïnfekteerde materiaal tydens win tersnoei weg te sny. Hou in gedagte dat infeksies nie noodwendig sigbaar is nie en beskou dus enige dooie houtagtige materiaal as verdag. Stokke met stamkankers kan herstellend gesnoei word deur geaffekteerde hout sowel as ongeveer 10–15 cm van die aanliggende normale hout weg te sny. Indien die hoofstam kankers het wat nie lyk asof dit met snoei

herstelbaar is nie, is die veiliger opsie om die stokke met hulle wortelstelsel te verwyder. Dit is ook ’n goeie idee om gedurende die groeiseisoen enige lote met blaarsimptome van stamkankerinfeksies te identifiseer sodat die geïnfekteerde kordonne in die winter verwyder kan word. ’n Plaasvervanger kan reeds geduren de die seisoen vanaf gesonde weefsel opgelei word. Swamme oorleef en vorm spore op snoeimateriaal – dit maak nie saak of die geïnfekteerde hout aan die stok sit of op die wingerdvloer lê nie. Houtagtige snoeimateriaal met ’n deursnit van meer as 3–4 cm moet uit die wingerd geneem en verbrand word. Dit moet beslis nie in ’n hoop langs die wingerd lê nie.

BEYOND THE BUNCH • 8 • QUARTER 1 • 2025

Made with FlippingBook flipbook maker