SATI Beyond The Bunch 1st Quarter 2025
Naoesbederf en verwante toestande Besmetting met botritis en sommige ander opportu nistiese swamme (Tabel 2) in die wingerd kan jong groei en blomme beskadig en tot naoesbederf lei. Alhoewel chemiese toedienings en goeie naoesprak tyke die kern van beheer vorm moet die bydra van wingerdsanitasie in die voorkoming van naoesbederf nie onderskat word nie. Hoe versprei botritis? Botritis is ’n veelsydige swam wat op ’n wye reeks lewende en dooie plantweefsel kan groei. Gevolg lik is botritis wêreldwyd ’n belangrike oorsaak van naoesbederf in vars vrugte en groente. In wingerde oorwinter botritis graag in geïnfekteerde trosse. Dit kan ook op dooie blare en selfs onkruide oorleef. Spoorvrystelling geskied gewoonlik in die lente tydens vogtige toestande met gematigde temperature. Spore word meestal deur lugbeweging versprei. Indien hulle
op ’n gunstige oppervlak land kan spore dadelik ont kiem of onaktief bly. Trossies is vanaf blom tot en met trostoemaak uiters vatbaar vir botritis infeksie. Botritis wissel tussen aktiewe groei en onaktiwiteit. Blomtrosinfeksies word dikwels deur onaktiwiteit ge- volg totdat die korrels genoegsame suikers be vat om swamgroei te stimuleer. Onder gunstige toestande kan die infeksie soos ’n veldbrand van af een besmette korrel na die hele tros versprei. Aktiewe infeksies genereer ’n magdom spore wat naburige trosse kan besmet. Die risiko van infeksie ver groot met rypwording asook enige korrelskade. Nuwe wondinfeksies kan binne ’n week tot spoorproduksie vorder. Nuwe trosinfeksies kan ook plaasvind wanneer geïnfekteerde trosse spore in die pakhuis vrystel. Produsente kan nie net op chemiese wapens staat maak om botritis te bestry nie. Toepaslike verbouings praktyke en wingerdsanitasie moet deel vorm van hulle arsenaal.
Tabel 2. Algemene tipes bederf in Suid-Afrikaanse tafeldruiwe.
Naam
Engelse naam
Verteenwoordigende patogene*
Bloumuf
Blue mould
Penicillium expansum
Botritisvrot Vaalvrot
Grey mould
Botrytis cinerea
Alternaria spesies Aspergillus spesies Cladosporium spesies Penicillium spesies Rhizopus spesies
Trosvros Suurvrot
Bunch rot Sour rot
*verskeie verskillende swamme kan bederf veroorsaak. Slegs sommiges word hierbo gelys. Bakterieë en giste kan ook tot bederf bedra.
Wat van ander bederfpatogene? Meeste swamme wat tafeldruifbederf ver oorsaak kan in geïnfekteerde wingerd weefsel soos lote en mummies oorwinter. Korrels en trosse wat toegelaat word om in die wingerd te vrot is ook ’n bron van bakterieë en giste wat onder andere deur asynvlieë rondgedra word en tot sekondêre wondinfeksies bydra.
ABRAHAM VERMEULEN
Botritis is ’n algemene oorsaak van bederf.
BEYOND THE BUNCH • 7 • KWARTAAL 1 • 2025
Made with FlippingBook flipbook maker