La Rochelle Yearbook 2024
TOURS – ORANJERIVIER
ORANJERIVIERROEI “Life moves pretty fast. You could miss it if you don’t stop and look around occasionally.” Herinneringe vir ’n leeftyd, vriendskappe wat vir ewig gekoester sal word en baie baie seer arms. Ons het vroeg Donderdagoggend ons uitstappie begin en omtrent die heelpad geslaap. Die afwagting was groot en die opwinding het binne ons almal geborrel. Die busrit, wat veronderstel was om net 8 ure te wees, het vinnig in 11 ure verander soos ons nader aan Onseepkans kom. Ons was gelukkig vermaak deur juffrou Saayman en “hey Google” se Wiskunde-grappies. En juffrou Malan het ons teruggeneem na haar hoërskool jare met al haar musiektreffers. Soos ons die grondpad stadig aandurf, begin die beeldskone landskappe voor ons verskyn. Ons word by die hek deur klomp klein hondjies gegroet en het vinnig afgepak en nes geskrop. Ons het ook die koue waters aangedurf en probeer paddle board ry. Ons almal het die sonsondergang op die dek bewonder en seker gemaak om die laaste Instagram-storie te plaas voor ons die waters aandurf. Ons het na Raap en Skraap gery, vinnig geleer hoe om ons bote te pak en ons goed vas te knoop en so het die avontuur begin. Ons was ’n bietjie in die diep kant ingegooi met ons eerste channel rapid wat net ’n paar meter van ons beginpunt af was. Ek dink ek praat vir ons almal as ek sê ons het letterlik en figuurlik vasgesit. Ons was almal verlig om by middagete aan te kom om ‘n ruskans te kry, behalwe Foenix en Ilke wat beweer het hulle het ’n slang gesien het. Mia het ons vinnig gewys hoe om ‘n vis te vang en dit was nie lank nie en ons was weer op die water. Tussen al die geskree op mekaar en vassit op klippe het ons almal redelik droog by die eerste rapid afgekom. Ons het by kamp aangekom en Douglas het sy eerste verskyning gemaak. Ons het almal vinnig gesoek na ’n plek om te stort en na ete het die oom vir ons ’n les oor al die pragtige sterre aangebied.
148 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online catalogs