La Rochelle Yearbook 2024

VERENIGINGS

CON SPIRITO Con Spirito het die jaar met lewendige en kreatiewe werkswinkelsessies begin, waarin die groep saamgewerk het om ’n unieke en interessante medley vir die jaarlikse All Girls Festival te ontwikkel. Hierdie samewerkingsproses het nie net die sangstukke verfyn en kreatiewe choreografie ingesluit nie, maar het ook sterk bande tussen die lede gesmee. Die gesellige busritte na en van die All Girls Festival asook hul deelname aan die werkswinkels in Potchefstroom, het die groep verder versterk, en die meisies se optrede op die voorlaaste aand was uitsonderlik. Hul openhartigheid en vriendelike gesindheid het die harte van ander skole gewen en hul musikale vaardighede tot nuwe hoogtes geneem.

Terug op eie bodem het Con Spirito dadelik begin oefen aan nuwe stukke vir hul volgende groot uitdaging: die Stellenbosch Universiteit se Ensemblekompetisie. Met entoesiasme het die groep stukke in Afrikaans, Sweeds en Zulu aangepak, en veral die Zulu-lied, met sy onreëlmatige tydmaat en uitdagende invalle, het geweldige fokus en toewyding vereis om onder die knie te kry. Die groep se harde werk is beloon toe hulle hierdie kompetisie gewen het. Tussendeur het hulle ook hul stemme laat bydra tot die skool se eindtoneelproduksie vir Kunstevenster, wat ’n wonderlike ervaring vir elke gehoor was. Met die finale kompetisie voor die deur, slyp Con Spirito nou verder aan hul program en sien hulle uit na hul deelname aan die skool se kooraand in Oktober. Die groep gaan van krag tot krag!

CON SPIRITO Voor: Talum Waries, Kelsey van Sitters (Voorsitter), mej. Madri Gerber (Koördineerder), Eva Smit (Ondervoorsitter), Tamsyn-Leigh Matthews Middel: Damienne Greenhalgh, Nalene Visser, Hayden Arendse, Ayesha-Leigh Arendse, Sisca Joubert, Kaitlyn Wolhuter, Christyn Witbooi Agter: Erynn Schroeder, Anmi Slabbert, Erin Meyer, Gadijah Abrahams, Jenna van Wyk

CON SPIRITO

Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 107

Made with FlippingBook - Online catalogs