La Rochelle Yearbook 2023

Koshuis

Odwa Famana het in Oktober getrou en die Rubina Visser -klubhuis was weer die gekose lokaal vir die intieme geleentheid. 3. Algemeen Die jaarlikse afskeidsdinee vir die matrieks is op 10 Oktober gehou. Tannie Lida en haar bekwame span het gesorg dat die Studiesaal omskep is vir hierdie deftige geleentheid. Die matrieks, tannies en diensdoenende personeel was die gaste. Feedem het ’n voortreflike driegang-maaltyd berei wat deur ons eie gr. 9-kelnerinne bedien is. It is with heartfelt thanks that we pay tribute to the La Rochelle Governing Body, under the superb leadership of Mrs Leslee Durr, for their role in solving the electrical problems of our hostel. A brand new generator, aptly named ‘ Jennifer ’, was installed during September and all the problems with circuit breakers and loadshedding have been addressed. La Rochelle se Feedem- spysenieringspan het weer, vir die vierde jaar, deurgedring na die finale rondte van die Feedem Nasionale Kulinêre Vaardigheidskompetisie wat op 10 Oktober by Leopard’s Leap plaasgevind het. Die span het bestaan uit Lindsey Whare, Brittle Williams en tannies Jessica Botha en Marilyn Ricketts. Die tema was ‘ Gather and Graze ’ en al die geregte moes geskik wees om met die hand geëet te kon word, soos by ’n buitelugmark. Hulle was een van slegs agt spanne wat gekwalifiseer het en dit is voorwaar ’n groot prestasie. We wish to express our sincere gratitude towards Mr Peter Whitmore and his magnificent team, as well as each member of the hostel staff, for working together to make our lives as comfortable and pleasant as possible. Finally, we stand in awe of the daily grace we receive from our Heavenly Father. Selah Sonnet Vorster Superintendent

41 LAR

La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School Paarl

Made with FlippingBook - Online magazine maker