La Rochelle Yearbook 2023
Hostel
Koshuispersoneel Voor: Mnr. Stephan Swart, mej. Leonie Maree, mej. Adéle Bothma (Hoof-Toesighouer), mev. Elsabé Conradie (Skoolhoof), mev. Sonnet Vorster (Superindendent), mev. Lida Hendrikse (Koshuisbestuurder), mej. Madenique van Wyk, mej. Lindsay Whare (Feedem) Middel: Mej. Maryke Muller, mej. Schireline Lakey, mej. Geraldine Claasen, mev. Cathrine de Bruyn, mev. Jessica Botha, mej. Annadene Malan, mev. Marilyn Riekerts, mev. Suzanne Adonis Agter: Mej, Jennilee Adriaanse, mev. Carmen September, mev. Christel Hall, mev. Annaline Samuels, mev. Christa Brittz, mev. Toekie van Vuuren, mej. Odwa Famana, mev. Wyna Laubscher, mnr. Averoll Adonis
40 LAR
In 1988 Bobby McFerrin recorded the song ‘Don’t Worry, Be Happy’, which became a hit and brought him widespread recognition across the world. ‘Here’s a little song I wrote. You might want to sing it note for note. Don’t worry, be happy. In every life we have some trouble, but when you worry, you make it double. Don’t worry, be happy!’ Sy woorde som die gesindheid van die inwoners van die La Rochelle-koshuis perfek op: ‘ Don’t worry ’: Ons bekommer ons nie, want Jesaja 41:10 belowe dat ons lot in die Hemelse Vader se hande rus. ‘Be happy ’: We have long since learnt that happiness is a conscious decision one takes every day. So, in our hostel, we DECIDE to be happy! Dit is in hierdie gees van dankbaarheid dat ons graag oor die volgende aspekte verslag doen:
1. Leerders Getalle: Ons het die jaar met 199 leerders begin en staan tans op 193. Leierskap: Ons hoofleiers, Frankie Montgomery en Anerine van Wyk, het met hul pragtige voorbeeld, die toon aangegee vir die positiewe wyse waarop die Miladies vanjaar meegedoen het. Dit het voorwaar ’n groot rol gespeel in die algemene welsyn van die koshuisdogters. 2. Personeel Ons is dankbaar om te kan sê dat ons personeel vanjaar geen wisseling gehad het nie. Dit was ’n jaar waarin daar twee verskillende huwelikseremonies plaasgevind het – voorwaar ’n ‘eerste’ vir die koshuis! Geraldine Claassen en Averol Adonis het op 6 September in die huwelik getree. Die seremonie het in die pragtige koshuisvierkant plaasgevind en die onthaal was in die Rubina Visser -klubhuis.
La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online magazine maker