La Rochelle Yearbook 2022

Diensklubs

F O T O G R A F I E K L U B

Daar i s ’ n groo t be l angs t e l l i ng i n f o t ogra f i e i n La Roche l l e en d i t word weer sp i eë l i n d i e ba i e l eerder s wa t i n 2022 by d i e Fo t ogra f i ek l ub aange s l u i t he t . Onder die bekwame leiding van die voorsitter, Amy Mulder, is daar verskeie byeenkomste deur die loop van die jaar aangebied. Daar is, onder andere, gekyk na verskillende tipes kameras, asook waarvoor elkeen gebruik word. Leerders kon ook hulle eie kameras bring en hulle is geleer om verstellings op hulle DSLR kameras te maak om sodoende nie net op outomaties te neem nie. Daar is ook ’n nuwe lapelwapen aan die lede bekendgestel.

Heelwat aandag is ook aan selfoonfotografie gegee deurdat twee werkswinkels aangebied is. Hier is leerders van interessante wenke voorsien om hul selfoonfotografie te verbeter. Een van die werkswinkels is ook met ’n kompetisie afgesluit, waar daar geldpryse op die spel was. Deur die loop van elke kwartaal is daar ook byeenkomste gehou wat gewoonlik met ’n kompetisie gepaard gegaan het en wenners het sertifikate ontvang. Daar is vooraf ’n onderwerp gegee en leerders het dan gewoonlik twee weke tyd gehad om hul foto’s voor te lê. Daar word met vertroue uitgesien dat 2023 ook ’n goeie jaar vir die Fotografieklub sal wees. Mn r . G e r h a r d K r o u k a m p

Amy Mulder

F O T O G R A F I E K L U B VOOR: Cara Pieters, Amy Mulder (Voorsitter), mnr. Gerhard Kroukamp (Koördineerder), Mikayla Stander, Anique Mouton AGTER : Julia Freeman, Zanli Smit

Anabel Roux

Elena Kritzinger, Madison Thompson, Mila Malherbe, Anzelle van der Vyver

Marené Robertson, Mikayla S tander, Mizaan Scheepers, Philippa Theron, Zoe Malherbe

93

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker