La Rochelle Yearbook 2022

H U L D E B L Y K J U F F RO U C H R I S T A L E RO U X 9 F E B RUA R I E 1 9 3 2 – 1 6 S E P T E M B E R 2 0 2 2

Tribute to

Ek s t aan vanoggend h i er as ’ n Lar r i e wa t ’ n paar woorde oor haar ge l i e f de j u f f rou wi l s ê . Di e j are t us s en i n va l weg en ek i s weer ’ n j ong skoo l dog t er wa t ’ n ve i l i ge t u i s t e i n La Roche l l e gev i nd he t , me t j u f f rou Le Roux wa t me t onvermoe i de t oewyd i ng oor haar “ge s i n” waak . Elkeen van ons wat hier sit, het haar eie herinneringe aan Christa le Roux. Daar is oud-leerders, oud onderwyseresse, vriendinne, familie. Daar is soveel herinneringe wat weer verby kom. Ons treur omdat ons onthou. Sommige van ons het haar egter nie goed geken nie. Of dalk glad nie. Daar is geen herinneringe wat ons aan haar bind nie. In my standerd 6-jaar is ’n oud-skoolhoof, juffrou Martha Cillié, op 100-jarige ouderdom oorlede. Ek onthou die warm Februariedag toe ons in ons volle skooluniform met ons panamahoede op die kop ’n erewag weerskante van die lykstoet gevorm het. Ek het gewonder: Wie was Martha Cillié regtig? Wat sê haar lewe vir my as jong kind, buiten alles wat sy bereik het en watter formidabele skoolhoof sy was? Vir ’n kind is ’n skoolhoof ver. Jy bewonder haar. Jy respekteer haar. Dalk vrees jy haar. Maar jy hou jou afstand. Vir my sal juffrou Le Roux altyd “Juffrou” bly. Tog was ek bevoorreg om haar deur die jare as mens te leer ken. Sy was nie meer die juffrou op ’n afstand nie. Uit haar vertellings oor haar lewe het ek die klein plaasdogtertjie ontmoet wat soggens saam met haar pa in die vragmotor skool toe gery het omdat haar ma nie wou hê sy moes met die onveilige skoolbus ry nie. Smiddae het haar pa haar weer kom haal. Dan het sy op sy skoot gesit en huis toe bestuur. ’n Klein dogtertjie in die veilige beskutting van haar pa se arms. Haar laaste drie skooljare as Larrie was vir haar besonder gelukkige jare. Hierdie verbintenis met La Rochelle het onwetend haar toekoms bepaal. Sy vertel dat sy as onderwyseres deur haar skoolhoof op Cradock oorreed is om vir die pos as hoof van La Rochelle aansoek te doen. Toe sy met die koevert waarin die aansoekbrief is, by die posbus staan, het sy getwyfel of dit die regte ding is om te doen. Sy het skielik oorweldig en onbekwaam vir die taak gevoel. Maar toe kom die teksgedeelte uit die Bybel in haar gedagtes op: Wanneer jy jou hand aan die ploeg slaan, moet jy nie agtertoe kyk nie. En sy stoot sonder verdere huiwering die koevert deur die gleuf. Hierdie vasberadenheid en doelgerigtheid het ons as skoolkinders geïnspireer. En dikwels moedeloos gemaak. Want juffrou Le Roux het nie sommer nee vir ’n antwoord aanvaar nie. Ons het gereeld gehoor: “Jy kan!” La Rochelle was haar familie. Sy het persoonlik in elke

leerling belang gestel en hul name onthou – selfs lank nadat hulle uit die skool is. En tog het sy in haar latere lewensjare gewonder of sy enigsins ’n verskil in iemand se lewe gemaak het. In een van haar briewe aan my skryf sy: As ek soms terugdink aan my loopbaan, voel ek half onseker en selfs minderwaardig. As hoof en onderwyseres het sy nie dikwels haar sagte binnekant vir ons gewys nie. Sy was jonk en moes te alle tye in beheer bly. Ek onthou egter ’n keer in ons Afrikaans klas toe sy vir ons uit ons Nederlandse voorgeskrewe boek, Bellen Blazen , voorgelees het. Sy het die verhaal van 2 verliefde tieners gelees. Die meisietjie, Nan, het ernstig siek geword en was in die hospitaal ver van hul tuisdorp. Haar vriend, Koen, het haar met die trein gaan besoek en gewonder wat hy met haar sou gesels, hoe dit sal wees. Daarom het hy vir haar ’n goudvis saamgeneem om die ongemak tussen hulle minder te maak. Toe hy egter by haar hospitaalkamer instap, was alles tussen hulle net soos tevore. Die goudvis het vergete eenkant bly staan. Ek onthou dat juffrou Le Roux se stem al hoe sagter geword het soos die verhaal gevorder het. En toe het sy stil gebly. Dit was ’n ewigheidsmoment. Ons was nie langer kinders teenoor ’n onderwyseres nie. Ons was mens teenoor mens. Toe die klok lui, het ons in ’n byna gewyde stilte uit die klas gestap. Daar is ’n spreuk uit Afrika wat lui: When an old man dies, a library burns to the ground. Die spreuk eggo Christa le Roux se onvervangbare nalatenskap aan ons. Dit is in meer as een opsig van toepassing op haar. Boeke was haar groot liefde, en sy het tot aan die einde inspirasie geput uit dit wat sy gelees het. Selfs met ons laaste gesprek twee dae voor haar dood het sy haar swart notaboekie met die titels van boeke wat sy nog wou lees, uitgehaal. Ons het gesels oor Elsa Joubert se boek Spertyd . Oor haar eie oudword. En oor die dood. Sy het gewonder hoekom die Here haar nie die nag weggeneem het toe sy vroeër vanjaar byna weens bloedklonte in haar been gesterf het nie. En sy het gevra: “Wat is my doel nog op aarde?” Ek wil vir haar sê: “Ek dink Juffrou se doel was om vir ons te wys hoe om voluit en dapper te leef. Om die hand aan die ploeg te slaan en nie agtertoe te kyk nie. Om tot aan die einde met deernis en liefde na mense rondom jou te kyk. En om vreugde te vind in die dinge wat jou na aan die hart lê.” In haar afskeidsboodskap aan die 1967-matrieks haal sy Henri F Auriel aan: “Life is short and we have not much time for gladdening the hearts of those who are travelling the dark way with us. O, be swift to love! Make haste to be kind!”

Ons groet u, liewe juffrou Daisy. L i z e t t e Mu r r a y ( V l o t m a n 1 9 7 0 ) 1 4 O k t o b e r 2022

4

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker