La Rochelle Yearbook 2022

O N T L U I K E N D E S K R Y WE R S

D I E M E I S I E I N D I E N A G Tydens die Covid-19 pandemie het mense hulself geïsoleer, letterlik en figuurlik. Hulle praat nooit nie en wys nie hul gevoelens nie, hulle is basies robotte. Amelia sit in haar kamer. Sy is absoluut moeg vir hoe stil die wêreld geword het. Sy haat dit dat die enigste manier hoe sy en haar ma kommunikeer deur e-posse is. Sy mis om te lag saam met haar vriende en om by haar ma in te kruip as sy ’n slegte droom gehad het. Min weet Amelia dat hulle bure se kind, Liam, met presies dieselfde probleem sit. Die 16-jarige Liam sit in sy kamer. Die lewe rus swaar op sy skouers. Selfs die gedagte om die volgende dag op te staan en dan dieselfde, eensame roetine te hê, maak hom bitter. Amelia besluit om aksie te neem só sy bly wakker. Sy wag angstig by haar deur en toe sy haar ma se gesnork in die gang af kon hoor, loop sy saggies na die agterdeur. Sy kom suksesvol by die agterdeur uit, maar skop per ongeluk ’n potplant om. ’n Geluid van buite ruk Liam uit sy depressiewe gedagtes. Hy kyk by sy venster uit en daar sien hy vir Amelia. Dit is sy kans uit, die nodige verbreking van sy roetine. Hy klop teen sy venster om die brawe meisie in die donkerte te roep. Wanneer hulle oë ontmoet, wys hy dat sy vir hom moet wag. Die vars lug tref Liam soos ʼn geweerskoot. Hy loop stadig, met onseker treë, na Amelia toe. Hy vra saggies haar naam en hoekom sy buite is. Hy kan amper nie haar stem hoor nie, maar hy hoor haar naam. Hy wil, nes Amelia, wegbreek uit die roetine. Hy sê dat hy haar sal bystaan. Hulle kyk mekaar vir een laaste keer in die oë voor hulle mekaar se hande vat en in die donkerte verdwyn. S u n é K r ü g e r ( G r a a d 9 . 1 ) D I E S T E K E L R I G E WA A R H E I D Op ’n vensterbank staan ’n prikkelplant. Hy is in ’n plastiek kwekerypot en sy grond is al veels te lank uitgedroog. Hy is salig onbewus van die vernietiging wat die mensdom om hom saai. As die kaktus kon sien, sou hy die Fanta-blikkies op die grond gewaar en sien hoe niemand dit optel nie. Hy sou sien hoe diegene in blink Audi’s hul neuse optrek vir bedelaars wat uit desperaatheid by hul ruite bedel. Hy sou moes toekyk hoe vrouens en kinders mishandel word. Hy sou pikdonker beurtkrag ervaar en hy sou weet dat dit die gevolg van korrupsie en diefstal is. As die kaktus kon hoor, sou hy hoor hoe straathonde blaf en weeskinders huil. Hy sou op die draadloos hoor van ons misdaadsyfers, moord en die tamaai groot petrolprys.

Hy sou hoor hoe ons met minagting en wantroue met mekaar praat. Hy sou hoor hoe yskoue water by in kraan uit borrel terwyl ons land droogte ervaar. Terwyl sy eie grond kurkdroog is. As die kaktus kon ruik, sou hy die industriële rookwalms wat fabrieke uitpomp kon ruik. Hy sou die skoonmaakmiddels en slakgif ruik wat ons aarde so besoedel. Hy sou die smeltende rubber van bande wat brand inasem– die aksies van betogers wat net hul lewens wil verbeter. Hy sou kon vereenselwig met die bedelaar wat kos kan ruik, maar nie kan eet nie. As die kaktus kon voel, sou hy voel hoe ons seisone verander en nie meer egalig is nie: die prys van aardverwarming. Hy sou koudkry soos die armes op straat wat net kartonbokse vir beddens het. Hy sou hulpeloos en moedeloos voel. Sy hande afgekap. Dieselfde hande wat hy in onskuld sou kon was. Hierdie is nie sy skuld nie. As die kaktus kon praat, sou hy gil. Hy sou skreeu dat ons moet ophou. Ophou afbreek. Hy sou ween en treur dat ons soveel seer vir ons naastes veroorsaak. Hy sou skel dat dit te laat is, dat ons dae getel is. Op ’n vensterbank staan ’n prikkelplant. Hy is in ’n plastiek kwekerypot en sy grond is al veels te lank uitgedroog. Hy huil oor die onomkeerbare skade wat die mense om hom aanrig. I r i s Sa u n d e r s ( G r a a d 1 1 . 3 ) G E N A D E Gggrrrrttttt ... Sy skeur die koevert oop en haal die getikte bladsy uit, wat onmiddellik my maag laat draai. Ek hou haar oë dop soos dit spoedig oor die teks rol, maar sy kan nie wegsteek hoe haar oë en woorde struikel en val oor die reëls heel onder aan die bladsy nie. Die kleur dreineer uit haar rooskleurige wange, soos ek die warm bloed voel loop oor my gesig en ore. Sy begin lees. “Afrikaans – 69% ... Engels – 70% ... Duits 58% ...” Haar stem verdof soos elke punt gelees word. Elke persentasie voel asof iemand my lugpyp en keelgorrel soos ’n sponsie uitwring. Soos die sponsie, is ek leeg van gevoel, emosieloos en die smaak in my mond word bitter. Ek het verwag dat my punte sleg gaan wees hierdie kwartaal, maar sleg is ’n eufimisme in hierdie geval. Elke punt is laer as die vorige. My maag begin kramp. Wat gaan Ma dink? Wat gaan sy sê? Voor ek weer bewus raak, het Ma die rapport self gelees. Die rit huis toe is doodstil. Soos ons by die huis aankom, sny sy die spanning met haar lemagtige skerp stem. Sy vra my om haar te help dra aan die Checkers sakke in haar kattebak. Ek help haar sonder om iets te sê en gaan sluit myself in my kamer toe vir omtrent twee ure. Die sponsie wat my keel is, word uiteindelik gelos, die trane drup uit my oë en die pyn in my keel vererger. Ek

Ontluikende skrywers

34

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker