La Rochelle Yearbook 2022

Ontluikende skrywers

val op my bed en proe die sout smaak van vrees en angs op my nat kussingsloop, wat stadig maar seker verdof soos ek aan die slaap raak. Twee ure later word ek wakker met ’n geswolle rooi gesig. Ek het nog steeds ’n bitter smaak in my mond soos ek op my kussing bly lê. Ek voel hoe die gevoude kussingsloop kreukels op my gesig gelaat het. Die pyn in my maag en bors het verdwyn en ek begin iets ruik. My kamer ruik soos… kaneel… of vla… of is dit dalk perskes? Die reuk trek my nader, dat ek opstaan uit my bed om dit te gaan inspekteer. Op my bedkassie staan ’n wit porselein bakkie met warm “Roly-Poly”, vla en ’n nota langsaan. Ek maak die briefie oop en voel hoe my hande weer begin bewe. Die briefie lees: “My liefling dogter, ek is trots op jou, of jy goed doen of sleg doen op skool sal dit nooit verander hoe lief ek en Pappa vir jou is nie. Onthou, 50% is net-net deur, 51% is los deur! - Liefde Mamma & Pappa.” Die trane begin weer en verdof my visie. Ek tel die lepel op en eet ’n hap van die poeding. My trane drup op die vla, maar dit pla my nie. Die bitter smaak in my mond word soet, want genade proe soos vla, kaneel en perskes. M Y H O R I S O N Buite my venster is ’n uitsig sonder ’n einde. Dit is ’n ewig aanhoudende landskap. Dit is ’n kunswerk, ’n kunswerk met my naam iewers geteken in die hoek in swart ink, om te wys dit is ’n myne. Hierdie beeld van my uitsig hang in ’n kunsgallery waar ek die enigste besoeker is. My skaduwee loer om die draai as herinnering dat ek teenwoordig is. My landskap is gevul met kleure van borrie-geel en paprika-rooi. In die beeld is ’n ou katjiepieringboom. Die boom staan rotsvas, maar ’n sagte element klou aan die boom. Dit gee vir my die behoefte om die boom in goud te lê en soos ’n juweel te hanteer. My wonderlike landskap se kleure mag dalk verander, en beelde verskuil, maar die katjiepieringboom is ’n konstante. ’n Medisyne teen die wonde van die lewe. Die lewensseisoene raak nie sy blare nie en die sagte voorkoms is soos ’n geneesmiddel. My kunswerk word omring deur ’n reeks blou berge, onveranderd, ongeag die toestande buite. Die donkerblou berge is soos ’n stewige muur wat nie sweef as winde waai nie. Die voet van die berge word gekielie deur wolsag gras wat die landskap wyd laat strek. Die son se strale strek van die begin tot die einde van my sig en verwarm die beeld. My horizon strek egter verder as my sig. Dit is gevul met liedjies van die stroopsoet bekkies van oggendvoeltjies wat laat kuier tot uitvaltyd. Dit is gevul met die vermomde geraas van die radio en die gedreun van trekkers. Die fluister van stemme is so heerlik soos heuning in ’n koppie tee, en lui soos note in die lug. My horison voel tuis met geure van kaneelsuiker en vars lemoensap wat hulself ontbloot. Die aroma van fluweelsagparfuum dans die lug en gee vir die omringende beelde n drukkie. My landskap voel soos ’n Sondagmiddag na nagereg en wintersaand voor die kaggel. Dit is die môreson en oggenddou van hoop en ou vreugde. My landskap delf dieper. Daar is meer om te sien. Die donkerte verbloem al die soet geure en vreugdevolle geluide. Die donkerte lyk oppervlakkig swart, maar soumy skaduwee begin grawe, sou die ongesiene en onbekende haar verslint. Hierdie is ’n gat sonder ’n einde, ewig aanhoudend, maar sonder my naamwat in ’n hoekie verskyn.

Ek verf maar bo-oor die swart met my kleure van mostert en saffraan. My pragtige landskap hang in ’n gallery, net bekend aan my. Ek wonder…as iemand lank genoeg in my oë sou staar, of hulle ’n stukkie van my landskap sou kon waarheen? En of hulle blik nie verder sou vaar as die verskeidenheid

skakerings van bruin nie? J e a n n e d u T o i t ( G r a a d 12 ) VA N U I T S T E L K OM A F S T E L

Van uitstel kom afstel. Ons het ’n oneindige hoeveelheid take toetse, aktiwiteite en verantwoordelikhede wat ons tyd verg, maar tog wag ons tot op die nippertjie om daarmee te begin. Daar is baie wat ’n kindersprokie, soos die drie varkies en die wolf ons kan leer. Ons is dikwels soos die drie varkies in die verhaal en die groot, slegte wolf is uitstel. Die drie varkies se ma stuur hulle na die oerwoud. Hierdie is natuurlik ’n onbekende terrein vir hullle. Hulle hubel en juig oor hulle nuwe onafhanklikheid wat voorlê. Die varkies se ma waarsku hulle egter die sjarmante wolf wat in die woud na krakerige spek smul. Die eerste varkie se aandag word afgelei van die eintlike taak wat hy moet voltooi – om ’n huisie te bou. Rondom skemer maak hy gebruik van die eerste boumateriaal wat hy in die hande kan kry – strooi. Hy gooi die strooi bymekaar en noem dit sy huis. Toe die son sak en die wolf hunkerend nader kom en hy sy asem uitblaas, val die eerste varkie se huis plat. Ons volg dikwels in die eerste varkie se voetspore en maak gebruik van laaste minuut alternatiewe. Ons handig onvolledige take in en skryf vraestelle onvoorbereid, omdat ons ons tyd verkeerd bestee. Die uitstel van take is ons eie ondergang. Die tweede varkie was goed bewus van die wolf se maag wat grom vir ’n sappige varktjoppie. Hy het toe besluit om sy huisie uit takke te bou. Die tweede varkie het egter die wolf se heftige longe onderskat, en toe die wolf begin blaas het die takke begin bewe. Kort voor lank wat die tweede varkie se huis ook ’n rommelhoop. Soortgelyk aan die tweede varkie bereik ons dikwels nie ons volle potensiaal nie, omdat ons te lui is om hard te werk. Ons onderskat die werk wat voorlê en probeer nie ons beste nie. Matriekleerders bereik dikwels nie aan die einde van hul matriekjaar hul gesogte prestasies nie, omdat hulle nie die harde werk ingesit het nie. Die derde varkie het egter sy huisie met die sterkste bakstene gebou wat netjies neergelê is. Sy huis het ’n soliede fondasie gehad met die mooiste rooi skoorsteen. Toe die wolf by die derde varkie se huis aankom en sy lippe lek vir nog ’n maaltyd, het die krag van sy longe nie die huisie oorwin nie. Die wolf het geblaas en geblaas, maar die derde varkie het veilig in sy huisie bly sit voor sy warm kaggel. Die derde varkie het daarin geslaap om vroegtydig hard te begin werk. Hy het deurlopend sy take voltooi en sy beste probeer. Hy het nie uitgestel nie, maar van sy tyd gebruik gemaak. Die derde varkie het hand aan die ploeg geslaan en toe die matriekeindeksamen aanbreek het hy die vrugte van sy harde werk gepluk. J e a n n e d u T o i t ( G r a a d 12 )

35

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker