La Rochelle 2021

K O S H U I S

K O S H U I S - H OO F M E I S I E

Aan ons matriekgroep, baie dankie vir vyf jaar se lief en leed wat ons kon deel. Die laaste twee jaar was moeilik, want daar was so baie tradisies wat ons nie kon laat voortleef nie. Ons is egter beslis sterker na al die swaarkry en klippe kou. Die vriendskappe wat ons hier gebou het, sal ons vir altyd koester. Baie dankie ook aan ons span wat bygedra het tot die suksesvolle bestuur van die koshuis in 2021. Ek kon nie vir ’n meer toegewyde en entoesiastiese span vra nie en ek is ongelooflik trots op elkeen. Dankie vir julle opofferinge oor die jaar en julle ondersteuning aan my en Stella. ’n Spesiale dank aan Stella. Stella how can I ever thank you enough? You were “my partner in everything”. Jou toewyding en passie vir die koshuis was aansteeklik en dit was vir my ’n voorreg om saam met jou te kon werk. Jy was my klankboord as ek getwyfel het oor iets en ek kon altyd staat maak op jou ondersteuning en eerlikheid. Daar is niemand anders saammet wie ek hierdie pad sou wou stap nie. Dankie vir hierdie waardevolle en verrykende geleent­ heid, La Rochelle. Die herinneringe en lewenslesse sal ek altyd saam met my dra en dit was vir my ’n eer en groot voorreg om die koshuis te lei. I t h i n k i f y o u w e r e t o a s k m e w h a t o n e o f t h e t o u g h e s t r e s p o n s i b i l i t i e s w a s w i t h r e g a r d s t o b e i n g t h e D e p u t y H e a d G i r l , I w o u l d n o t e v e n h e s i t a t e t o t e l l y o u t h a t i t i s h a v i n g t o w r i t e t h i s r e p o r t . Ye s , t h e r e w e r e m a n y o t h e r c h a l l e n g e s t h a t t h i s y e a r b r o u g h t f o r t h a n d C O V I D - 1 9 c e r t a i n l y a c c o u n t e d f o r m a n y o f t h e m , b u t h a v i n g t o s a y g o o d b y e t o s u c h a s p e c i a l g r o u p o f g i r l s , i s a n i n c r e d i b l y d i f f i c u l t t a s k . H o w c a n o n e s u mm a r i s e f i v e e x t r a o r d i n a r y y e a r s i n t o l e s s t h a n a h a l f a p a g e ? It feels surreal to think that high school flew by faster than those two-hour afternoon study sessions in Grade 9, especially when you had no homework to complete and had to read the same prescribed book over and over Wené du Toit (Koshuis-Hoofmeisie) D E P U T Y H E A D G I R L

E k h e t 2 0 2 1 i n g e g a a n m e t ’ n h a r t v o l h o o p e n ’ n p a s s i e v o l l e g e e s a s m y d r y f k r a g o m m a t r i e k e e n v a n d i e b e s t e j a r e o o i t t e m a a k . A l h o e w e l d i e o m s t a n d i g h e d e n i e i d e a a l w a s n i e h e t d i t o n s n i e d a a r v a n w e e r h o u o m d i e b e s t e h e r i n n e r i n g e t e m a a k n i e .

Dit was uitdagend om in die die middel van ’n pandemie te beplan en met tye het dit gevoel asof dinge selfs onmoontlik was om te bestuur. Maar ten spyte van Cov id het ek, Stella en die res van ons span ons bes gedoen om die koshuis ’n opwindende omgewig vir al ons koshuissusters te maak. Ek wil glo ons het werklik goed gedoen in ’n

slegte situasie. Ons moes baie keer die moeiliker, maar wyser besluite neem eerder as die lekker besluite, maar dit het ons waardevolle lewenslesse geleer en laat besef dat niks vanselfsprekend is nie. Ons is dankbaar vir elke aangename geleentheid van geesbou en samesyn wat ons kon skep. Met “elke week is geesweek” as ons motto was ons mikpunt hierdie jaar om ’n opwindende en lekker omgewing vir al die Larriedogters te skep. Ons het elke week ’n aktiwiteit vir die dogters beplan. Dit het gewissel van bingo , musical chairs , fliekaande, koffiekroeë en die lys gaan net aan. Ons het selfs elke nou en dan pannekoekverkope gehou! Die bywoning was bo verwagting goed en die dogters het die opwinding in die middel van die week ongelooflik geniet. As ’n spesiale vergunning aan die matrieks is daar Sondaemiddae “rounders” op die Astro gespeel. Dit het ons in die regte luim geplaas om die week met goeie energie aan te pak. Dankie aan die kostannies, wat koshuiskos net so lekker soos Mamma se kos laat proe het. Dankie aan die skoonmaak-tannies wat altyd sorg dat die koshuis netjies en skoon is. Dankie aan oom Uys wat nooit terugstaan om iets reg te maak nie en altyd die koshuis so mooi onderhou. Dankie aan tannie Wyna, tannie Toekie, tannie Christelle, tannie Christa en tannie Lida wat altyd op hul tone is en hulself altyd aan ons beskikbaar stel. ’n Groot dankie aan juffrou Bothma vir haar konstante onder­ steuning deur die jaar. Dit was Juffrou se leiding wat ons op koers gehou het en natuurlik dankie vir haar gereelde koffie-“dates” met die matrieks – dit het die w êreld vir ons beteken.

44

Made with FlippingBook Digital Publishing Software