La Rochelle 2021

FA R E W E L L M E S S A G E – D E P U T Y H E A D G I R L

ek terugkyk oor ons vyf jaar as Larries, is daar vele oomblikke wat ek gaan koester: die bou van ons eie Astro, ons musical , ‘ The Greatest Show ’, om op te tree as die gasvroue van All Girls’ , die blomrokkies wat verander het en die feit dat 4M steeds ons s’n is! Ons het geleef en geleer deur ’n pandemie. Ons is legends . Ons is ’n vreeslose, uiteenlopende, interessante en kompeterende groep meisies. Vir die res van die Larries wil ek sê: Watch this space , Matrieks 2021 gaan ’n paar akademiese rekords breek! Aan Juf Lochner i n haar afwes ighe id: Dankie dat ek na Juffrou toe kon loop wanneer my ma vir my sê: ‘ walk it off’ . En dit het baie gebeur die laaste twee jaar. Die gesels, raad, belangstelling en deel in groot of klein oomblikke sal ek koester. Juffrou is ’n inspirasie en Juffrou het ons met geloof en wysheid gelei en geleer. Juf f rou van Aswegen: Ons het nie lank saamgewerk nie, maar ek kan sien Juffrou laat dinge gebeur. Dankie dat Juffrou en die personeel vir ons die ekstra myl loop. Sterkte vir Juffrou en die personeel op julle pad vorentoe. Dank i e, aan oom Peter en sy span, dat julle altyd gereed is om lere rond te dra om goedjies op te hang of met soveel geduld die bussie vol Larries rond te ry. Julle doen altyd dinge met geduld en so ’n mooi gesindheid. Ons waardeer julle. Aan e l ke ouer : Dankie vir elke opoffering wat julle as ouers gemaak het om julle dogter by te staan deur haar hoërskool jare. Ons sê verseker nie genoeg dankie Dankie vir elke teedrink-vriendin, onbeplande avontuur, langpaddromer, middernagfees, butterfly buddy, wing it motto en dance it out - oomblik. Matrieks, julle maak my trots om deel te wees van julle. My wense vir julle is in die stukkie geskryf deur Bianca Sparacino: I hope you find the kind of moments that take your breath away. The kind of moments that change you. I hope you travel to places that cleanse you, I hope you go to concerts that ring through your bones and make you feel alive. I hope you connect with the small things – I hope you look at someone mid conversation and you feel your stomach surge with the feelings you have for them. I hope you surround yourself with the kinds of friends that encourage your spontaneity, that are always there for you. I hope you live. Truly. I hope you don’t hold back. There is so much to feel in this world. I hope you feel it all.

nie, maar julle word waardeer en julle is geliefd. Weet dat julle dogters sterk is. Weet dat julle dogters vreesloos is. En weet dat die grootste geskenk wat julle ons kan gee, is liefde. My e i e mamma en pappa : DAD! My man met ’n plan. Dankie vir die eindelose lewenslesse wat Pappa vir my leer. Dankie dat Pappa my aanmoedig om groot te droom en vir elke Sondag se woorde voor ek ry: ‘ Make a difference, Méla’ . Mamma, sjoe, ons was baie kilometers en ure in die kar. Wat ’n voorreg. Dankie dat Mamma leef, lei en liefhet soos ’n vrou van God. Dankie dat ek by Mamma kan leer hoe grondvaste geloof lyk. Elke oggend voor skool kry ek ’n boodskap wat sê: ‘ Be someone’s sunshine’ . Leon en Ni e l , julle hou my plat op die aarde en op my tone. Vir julle is ek baie lief. Aan e l ke Lar r i e: Mag jy glo dat jou drome bereikbaar is, mag jy vlot wees in liefde en altyd die mooi in die lelik soek, mag jy die avontuur in elke toets raaksien en mag jy weet dat jy dit als net kan bereik op jou knieë. La Rochelle is soveel meer as mure en blomme. Dit is vyf jaar van goue oomblikke. Dit is L iefde, A anvaarding

en R espek. Dit is ons. Ons is La Rochelle. Sê my wie jy lief het en ek sê jou wie jy is .

En Avant!

121

Made with FlippingBook Digital Publishing Software