Boishaaier 2018

Lectori Salutem The year started off with a bang in that the 2017 matric class delivered the best results to date.

Inter aquilas noli cisticula videri, het die Romeine gesê. Jy hou nie jou lyf tinktinkie in die land van die arende nie. As daar nou een jaar in die geskiedenis van die Paarlse ‘Hoogere School voor Jongens’ was waarin die arende inderdaad van die tinktinkies geskei is, was dit Anno Domini 2018. The year started off with a bang in that the 2017 matric class delivered the best results to date, with a 90% university exemption, a class average of 72%, 48 A-averages and 52,9% of the class obtaining B-averages. Truly, deserved results of five years of hard work by both teachers and boys. If the level of discipline and sheer commitment displayed by the 2018 matric class, ably led by head boy, Gerard de la Bat and deputy head boy, Brend Spreeth, is anything to go by, it should be another great academic year for Paarl Boys’ High. Ek glo min mense sal verskil as ek sê dat die HJS ’n besonderse standaard gestel het met die 150-jaarvieringe. Nadat die museum verlede jaar weer geopen is ná herstelwerk en ’n behoorlike vernuwing, het die vieringe in alle erns afgeskop met die HJS wat as skool na die Strooidakkerk gestap en die jaar met ’n kerkdiens begin het. Nie lank daarna het die openingsdinee gevolg, wat werklik ’n ongelooflike geleentheid was. Oom Danie Malan, direkteur van die

150-projek, verdien in die besonder lof vir sy organisasie van hierdie gebeurtenis. Die aanbieding van ’n nasionale skaaktoernooi was ’n verdere hoogtepunt van die eerste kwartaal. Vervolgens het die aanbieding van die eerste internasionale rugbyfees, gereël deur ’n enkele skool, groot aandag getrek. Die Cravenweek wat die HJS eweneens op eie bodem aangebied het, het sigself onderskei deurdat dit die meeste toekouers per dag ooit getrek het in die geskiedenis van hierdie prestigeryke sportgebeurtenis. Intussen is ’n kriekettoer na Engeland onderneem en is Cantare gekeur om deel te neem aan die prestigeryke World Choir Games in Pretoria, waar die koor ’n silwertoekenning ontvang het. Die stigtersdagvieringe, waar die medaljon bekend as “Die Orde van die Blou Baadjie” toegeken is aan twee prominente oudstudente (in vanjaar se geval oom Danie Malan en die internasionale krieketspeler Dawid Malan) was weer eens ’n hoogtepunt. Die vieringe is met die aanbreek van die eindjaareksamen gepas afgesluit met ’n geestelike boodskap gelewer deur ds. Bekker Nieuwoudt. Specific achievements by boys this year include the following: Achille Cloete (as an U17 player!) was selected for the SA U19 team which played in a one-day international series against

England. Louwan Horn was selected for the SA 7s team which took part in the junior Olympics in Buenos Aires, while Adrian Alberts, Evan Roos and Emile van Heerden were selected for the SA Schools team, which played three test matches against France, Wales and England. William Zulch was ranked as the no.1 U15 tennisplayer in the country, while Scott Paterson was selected for the SA U16 hockey team. Kent Fobian was selected for the SA A-team in debating, with Caleb Peceur earning SA colours for water polo. Ekhardt van der Watt and Luciano Custodio were selected for the SA Schools athletics team. Ons sê ook baie geluk aan oudstudente wat oor ’n wye front presteer het, soos Dawid Malan (internasionale krieket), Frans Malherbe en Thomas du Toit (internasionale rugby), Ryno Smit (internasionale sewesrugby), Francois van Niekerk (Sakeleier van die Jaar) en Edwin van der Walt en Gregory Kriek (film- en televisieakteurs). Hierbenewens het ons, met die hulp van onder andere oudstudent dr. Conrad Strauss, ’n nuwe rekenaarlokaal geopen. Groot verbeterings is ook aan die Brugstraat-sportkompleks aangebring en die pawiljoen is vergroot. Daarbenewens is ’n Astroturf-hokkieveld by die primêre seunskool ontwikkel en die skool se WiFi-netwerk is uitgebrei.

BOISHAAIER 2018 / Lectori Salutem / Boodskap van die skoolhoof

14

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter