Boishaaier 2024

Culture

DRUMLINE

Berdine Goldstone

Die drumline het vanjaar weer eens ’n baie goeie jaar ervaar. Hulle is gevra om op te tree by die opening van die SA Skoleatletiekbyeenkoms en by verskeie formele funksies, onder andere die Prestige-atletiekbyeenkoms, die Piekniekkonsert en die Blue/Grey-aand. Hulle is natuurlik daarvoor verantwoordelik om by te dra tot die gees tydens groot rugby- en hokkiewedstryde van die eerstespanne, onder andere teen Grey, Paul Roos en tydens Interskole, en hierdie jaar het hulle weer eens hulle staal gewys. Met hulle ingewikkelde ritmes en goed afgeronde bewegings het hulle gehore op hul voete gehad, en Grey en Paul Roos se drumline -groepe kon nie kers vashou by HJS nie.

Drumline Agter: Juan Roberts, Zachary Govender, Luka King, Nicolaas Kruger, Matt Gordon, Liam Smith, Willem Joubert, Matthew Franklin, Latham Hendricks Voor: Jayden Bester, Christian Mocké, Jacques Faul, Jon Dorman, me B Goldstone, Thomas Derbyshire, Rocco Hill, Scott Arendse, Joshua-Jay Vermeulen

Vera Bestbier

Blue Harmony Dit was vir ons ’n voorreg om die Boishaai-sêrgroep Blue Harmony van jaar weer aan die gang te kry. Die toegewyde en talentvolle manne wat by hierdie groep aangesluit het, het gewys dat hulle genoeg entoesiasme het om nie toe te laat dat ’n vol program hulle stuit om oefentyd te vind nie. Hul poging is beloon met ’n suksesvolle debuut by Kultuur se feestelike Gala aand waar hulle “Stand by me” gesing het. Ons is baie trots op hierdie manne en ons glo dat Blue Harmony van krag tot krag sal gaan.

Sêr Agter: Ewald Louw, Philip Spies, Craig Waddington, Johannes Groenewald Voor: Ben Meyer, Hugo Smith, me V Bestbier, Jan-Albert Botha, José Masipa

BOISHAAI 156 YEARS 91

Made with FlippingBook flipbook maker