Boishaaier 2024
Kultuur
KULTUURVERSLAG
Marissa von Mollendorf
It is with immense pride and joy that we gathered for Paarl Boys’ High’s annual culture dinner in October. This evening is dedicated to recognising the outstanding contributions of our cultural achievers, whose passion and dedication have enriched our school environment beyond measure. It is also the event where Mrs Von Mollendorf gives a short annual report of all the cultural activities that happened in 2024. To give a complete overview of everything that happened on the culture front would, however, keep the guests busy for a very long time – so rather, a few key moments that stood out in the different disciplines that we offer were highlighted. Soos altyd het die musiekdepartement ’n bedrywige 2024 agter die rug, met heelwat groot produksies, kompetisies, meestersklasse, eisteddfods, eksamens en nog baie meer. Altesaam nege leerders is deur Paarl-Vallei Eisteddfod vereer vir hul prestasies op musiek-, kuns- en dramafront. Tans is daar ook heelwat manne wat besig is met finale voorbereidings vir Trinity internasionale musiek- en musiekteorie-eksamens. Ons konserte, waarvan die laaste een oor twee weke plaasvind, hou ons ook lekker besig, en dit is heerlik om te sien hoe die manne op die verhoog floreer en groei. Ons splinternuwe sêrgroep het in Oktober ook hul buiging by die Galakonsert gemaak; ons sien uit daarna om nog baie van hulle te hoor! Cantare het onlangs vir die eerste keer aan die nasionale Cantamus-koorkompetisie deelgeneem. Hoewel die kompetisie nogal straf was, het ons trots ’n tweede plek in die gelykstemmige koorafdeling behaal. Dit was ook heerlik om in die pragtige Wildernishotel te bly; talle vriendskappe is gesmee – veral met die meisieskore wat ook in dieselfde hotel gebly het! Die toer was nie net ’n onvervangbare musiekervaring nie, maar ook ’n waardevolle spanbougeleentheid. Ons is ook uitgenooi om deel te neem aan die Wes-Kaapse UDUMO-fees in Stellenbosch, waar daar op ’n stadium 1 000 stemme saamgesing het! Dit was ’n baie groot belewenis vir die manne. Our clarinet and piano learners took part in a clarinet extravaganza and piano symposium respectively, where they attended concerts and masterclasses given by various international specialists in the field. For the second consecutive year, we had two students participate in the very prestigious Stellenbosch Chamber festival. We furthermore boast seven learners forming part of the Stellenbosch Youth Orchestra , of course with our very own Mr Reghardt Kühn as conductor. Mr Kühn also conducts the Winelands Philharmonic Community Orchestra, with two of our teachers and a couple of Old Boys playing in the orchestra. Ons is verder baie trots op Matthew Lamprecht, wat uitgenooi is na die UNISA-beurswennerskompetisie. Hy is eintlik ook na die UCT-strykerskompetisie genooi, maar
ongelukkig het hierdie twee kompetisies op dieselfde tyd plaasgevind. By die dramatiese kunste vertel me Ras-Pretorius dat hulle trots is om te kan sê dat hulle vier filmvoorleggings by Paul Roos se Filmit-kompetisie vir kortfilms aanvaar is. Die kategorieë waaraan hulle deelgeneem het, was kortfilms, dokumentêre films, animasie en ’n advertensie in TikTok-styl. Al die films is deur die seuns self geskryf, geskiet en geredigeer; hulle is ook by ons film- en drama aand gewys.Ons het vanjaar vier spanne gehad wat aan die ATKV- Debat kompetisie deelgeneem het; Rynhard de Beer, William Graham en Robert Harris het deelgeneem aan die Afrikaanse Taalmuseum se Historiumdebat waartydens spanne van al die Paarl-skole teen mekaar meegeding het. Ons hou vir hulle duim vas. The English debaters also had a busy year, taking part in not only the Boland league hosted by PRG in Stellenbosch, but also the provincial debates which took place at both UCT and Rondebosch during the third term. These guys learn valuable lessons in creativity and thinking on one’s feet, and they are very passionate about the topics selected for them. We are also very proud of Helgard Nolte, who has been invited to the provincial trials for debating. Op redenaarsgebied doen die manne ook baie goed. Ses van ons manne het hierdie jaar aan die ATKV Redenaarskompetisie deelgeneem, en Christopher Tait het uiteindelik nasionaal onder die top-10 sprekers geëindig. Christopher het ook aan die Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem; en verder het Christopher en Rynhard de Beer ook aan die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deelgeneem en deurgedring na die nasionale eindronde. Ons skoolkoerant, The Blueprint , doen ook uiters goed. The Blueprint is vanjaar onder nuwe leierskap met Matthew Lamprecht. Saam met Charl Steenkamp het hulle die uitleg vernuwe en gaan hulle van krag tot krag. Ná Brent Goosen se twee bekronings vir Beste Sportberig van die jaar in die Netwerk24-skolenuuskompetisie in 2022 en 2023, het ons natuurlik besluit om vanjaar weer in te skryf vir die kategorieë Beste Algehele Skoolkoerant en Beste Uitleg van ’n Gedrukte Skoolkoerant. Ons hou styf duimvas vir hierdie uitslae. Nege van ons seuns het vanjaar ook deelgeneem aan die jaarlikse Style Event , waar ons wys hoe ’n ware, stylvolle Boishaaier lyk, optree, voorkom en met dames omgaan. Dis ’n groot geleentheid op ons kultuurkalender en ons is reeds opgewonde oor wat 2025 alles inhou. In closing, it has been amazing to highlight some of the incredible achievements that shaped our cultural scene at Paarl Boys’ High this year. We ended the evening by congratulating everyone on their incredible achievements and by encouraging them to continually set the bar higher. Because, as Mr Swart always says, contrary to popular belief, the sky is NOT the limit.
72 BOISHAAI 156 YEARS
Made with FlippingBook flipbook maker