Boishaaier 2024
Boodskap van die Skoolhoof
This year, despite many challenges, the men in blue demonstrated resilience, flexibility and a sustained commitment to individual and group performance. It is with mixed feelings that I now once again say the famous line: I draw attention to the following highlights of the year, but feel free to read the rest of this publication for all the incredible results of the past year. In tennis haal Dawid Scholtz die SA onder 17-span en Zak Oosthuizen die SA onder 15-span. Die eerste tennisspan is ook die Affies-toernooiwenners. Ons eerste skaakspan wen ook die Grey-toernooi om ons effektiewelik eerste in die land te plaas. Micah Africa wen 4 medaljes by die SA atletiekkampioenskap. Matthew Lamprecht behaal, benewens ’n vyfde plek in die landwye Engelsolimpiade, ook ’n tweede plek in die UNISA-beurskompetisie. Die o.15A-sewesspan wen albei groot toernooie – t.w. Bredasdorp en die Marius Schoeman – binne ’n week uitmekaar. Ons Stayers -hokkiespan (m.a.w. sonder die matrieks) wen ook die Fast Five -toernooi aangebied deur Paarl Gimnasium. Ek onthou ook heelwat Eerstes , soos die eerste keer wat ons in tennis die interskole kon wen sonder om een enkel- of dubbelspel te verloor; die eerste hokkie wen teen Grey in Bloemfontein in 2013; 2015-2017 se onoorwonne eerste- en tweede rugbyspanne;
Ulrich le Roux se nr.-1-in-die-land-prestasie in die NSS eksamen in 2021, om net die volgende jaar gevolg te word deur Kenneth Janson se ewe skitterende prestasie; die eerste gholfspan wat rug aan-rug-wenners was by die prestigeryke Sun City toernooi; ons eerste bergfietsspan wat nie net die seunsafdeling van die nasionale toernooi gewen het nie, maar ook die oorhoofse kampioen was; ons koor, herstig in 2008, wat nasionale seunskoorkampioene in 2017 en 2018 (ATKV) was. Die koor neem 2018 ook deel aan die World Choir Games en eindig derde in die wêreld! Verder, op 26 April 2014, het die HJS onteenseglik die voortou geneem in die hantering van seuns met leeruitvalle toe leerders vir die eerste keer met MP3s (intussen vervang deur die ClaroRead stelsel) begin eksamen skryf het. Verdere innovasies was o.a. die interskole - mediadag, o.12-rugbyaand, die Noord-Suid en Top Boys atletiekbyeenkomste, elektroniese advertensie- en telborde, en Boishaai TV. Daar was ook baie nuwe konstruksies, soos die klubhuis by die veld voor die skool, binneshuise krieketnette, musiekdepartement, nuwe gimnasium in die ou gimsaal, mediese sentrum by Brugstraat, en die moderniserende herbou van die Bois Shoppe. Daar was natuurlik ’n paar onverkwiklike gebeur tenisse in hierdie sewentien-plus jaar. Dit word egter
BOISHAAI 156 YEARS 5
Made with FlippingBook flipbook maker