Boishaaier 2024

Headmaster’s Message

verdwerg deur al die goed wat positief, opbouend en sommer net snaaks was. Ek onthou toe ek hier gekom het dat ek, soos maar die geval was by al die vorige skole, die jongste persoon op die senior bestuurspan was. Met die SBS-oggendvergaderings het dit dan dikwels gebeur dat een of meer lede hul brille vergeet het en dan bymekaar begin leen het. As dié lid by wie geleen is dan ook sy bril nodig het, leen hy weer iemand anders s’n, en soms het dit tot groot konsternasie gelei as ons na die personeelkamer moes beweeg en almal nie ewe lekker kon sien nie. Daar was by geleentheid bittere stryd oor wie se bril dan nou wie s’n is! Ek onthou ook die toere en die manne wat die ware kampioene was as dit by snorkery kom. Dit het mede-toerlede dikwels geïnspireer tot kreatiewe soektogte na alternatiewe slaapplek! Dan was daar die skreeusnaakse geval op die 2009 Greytrein…maar kom ons los dit maar daar. Op ernstiger noot moet mens maar noem dat dit jammer is dat infrastruktuur in ons land so agteruit gegaan het dat ons seuns nie meer toegang tot hierdie avontuurlike gebeurtenis het nie. Ek onthou veral die storie van die mamma wat my by geleentheid aan die einde van die skooldag vertel het dat sy gesien het dat ons seuns die boemelaarsdame wat besig was om in die dromme te krap, gegroet het. Een na die ander het hulle verby gestap met die woorde: “Middag, tannie.” Die volgende oomblik het dié vrou agter ons mamma se motor ombeweeg, gekyk na haarself in dié motor se buitespieëltjie, en haar hare so ’n bietjie reggetrek! Die seuns het haar nie geld of kos gegee nie, maar hulle het haar haar waardigheid weer laat besef! Dis die ware gees van Boishaai. Ek onthou besondere momente van Vasbyt wat die manne in die blou baadjie ten toon gestel het. In 2011, met die sterkste Eagles-span tot nog, en op die rand van ’n onoorwonne seisoen, speel ons die laaste wedstryd teen ’n plaaslike skool. (As ek nou sê sommer plaas-lik, sal julle nou weet watter een!) Dié was gelaai met matrieks. Die vorige Vrydag het dit gereën soos dit in die winter maar slegs in onse ou dorp kan. Mnr Sidney Bartlett het destyds nog ons skoppers afgerig en almal weet hy sou hom nooit laat afsit deur ’n bietjie reën nie. Die enigste seun wat egter daardie middag kans gesien het om in dié ongure weer die skopoefening by te woon, was ’n Weskusklong met die naam Tiaan Coetzee, toevallig die Eagles se losskakel. Die volgende dag teen die gelaaide span het dit ook maar broekskeur gegaan, en met die tyd so te sê verstreke het die Eagles die drie gedruk wat hulle tot 1 punt minder as die ander span se telling gebring het. Tiaan Coetzee moes nou slegs die bal oorskop uit die hoekie om die

wedstryd te beklink. Dit het gelyk na ’n onmoontlike saak op ’n modderveld. Ná sy oefening die vorige sopnat middag, het hy doodeenvoudig die bal rustig gestel op die kantlyn, en hom suiwer tussen die pale deurgestuur! I also remember coming back from Japan in 2014 where PBHS represented South Africa at the Sanix tournament. Exhausted beyond belief, our boys landed on a Wednesday and had to play against Wynberg the following Saturday. Everyone therefore expected Wynberg, who already had a strong team, to have a big victory. Boishaai made heavy going of it in the first half and was running far behind at half time, but while the Wynberg men were prematurely celebrating the victory, the blue machine pulled itself together and ran in several tries to win the match by a considerable total! Ek onthou ook die eerste prestige-atletiek waaraan ons deelgeneem het. Hoërskool Gimnasium het ’n besondere sterk onder 19-aflosspan gehad, soveel so dat die vraag in die dorp nie was hoe ver hulle ons sou klop nie, maar hoe ver hulle die bestaande rekord sou breek. Weer eens was mnr Bartlett in beheer van ons span, en soos altyd werk hy hard daaraan dat die oorgeë perfek moes wees. Daardie dag, met Gim se span los voor, kry die laaste atleet nie die stokkie lekker beet nie. In daardie halfsekonde skuif Boishaai se man by hom verby. Na ’n verbete wedloop kry hy sy neus net-net voor sy teenstander verby die wenpaal, en Boishaai wen weer eens teen alle verwagting in! Most certainly, what I will always remember about these men in blue is that if you tell them they’re not good enough or they’re not going to make it, they will kick your behind and show you how dangerous they really can be! In closing, I would like all to take this to heart: as we look back on years of journeying together, we must acknowledge the steadfast dedication of our teachers and support staff. The foundation of our success is their ongoing commitment to the development and mentoring of our young men. We would also like to express our gratitude to our parents and guardians for their unwavering faith in and support of PBHS. En die kritici? Ag nee wat, ek gaan nie eens ’n woord rep oor hulle nie. Ons by die HJS sal altyd aanhou om seuns groot te maak volgens die Langenhoven-resep: Gee my ’n man wat sê wat waar is as die duiwel daar is, wat doen wat reg is as die regter weg is, wat trou by sy gewete bly as hy straf in plaas van beloning kry. Baie dankie vir alles! Julle bly vir altyd in my hart. Tandem Fit Arbor Surculus

6 BOISHAAI 156 YEARS

Made with FlippingBook flipbook maker