Boishaaier 2024

Kreatiewe Skryfstukke

Die brandende bos: ’n Ode aan verwoesting en wedergeboorte

Marno van der Merwe, graad 11

Die bos was ’n merkwaardige plek, ’n oase van rustigheid en skoonheid, totdat die vlamme dit verslind het. Dit was ’n lieflike dag. Sonlig dans deur die blare en voëls fluit minneliedere, maar in ’n oogwink het alles verander toe die eerste vonk die droë bosgrond tref. Die vuur het begin as ’n klein vlammetjie, amper onsigbaar tussen die bosse. Dit het geslenter soos ’n jagluiperd, maar toe dit sy maaltyd in sy greep gekry het, was daar geen keer nie. Die wind het die vlamme aangeblaas en binne oomblikke was die hele woud ’n inferno van hitte en vernietiging. Die vlamme het wild tussen die boomtoppe gedans en ’n ondraagbare hitte het die lug gevul. Swart rookwolke het in die lug op gekronkel soos donker tentakels wat na die hemel gryp. Die diere het geskrik, geskreeu, geskarrel. Die bome het gekraak en gebrand, hulle blare veras. Die lug was swaar van die reuk van rook en verbrande hout, en die son is verskans agter ’n donker gordyn. Die kleinvolk van die bos is nou verjaag deur die onstuimige vlamme. Hulle vlug vir hul lewens, op soek na nuwe tuistes in die verre verte. Die knetterende geluid van die vlamme word aangevul Die donderweer dreun weer in sy ore terwyl die dik, donker mis hom verbied om te sien wat om hom aangaan. Dit is alles ligte musiek in vergelyking met die reusagtige rots wat hy saam met hom by die berg op moet rol. Die klank van die mense om hom wat sukkel om hulle rotse op te rol is die enigste ding wat hom nog “normaal” hou. (Hy het hulle nog nooit gesien nie.) Hy is nog sy hele lewe ’n relatiewe stil man en sien geen waarde daarin om sy frustrasies uit te gil nie, maar wanneer hy dit waag, sê sy eggo altyd iets anders as wat hy wou sê. “Ek soek net water en kos!” klink in die eggo soos “los ... los ... los!” Dit was nog altyd vreemd vir hom, maar aangesien hy nie nou tyd het om hom daaroor te bekommer nie, hou hy aan om sy klip te rol. Nadat hy en sy rots deur ’n modderbad geploeg het, kon hy voel dat die berg weer besig was om steiler te word en hy berei homself daarop voor. Hy laat sak sy heupe, skuif sy voete uitmekaar en beur sy rug reg om te stoot en te stoot. Soos ’n miskruier sy bol mis rol, rol hy sy rots by die steil berg op. Hy vorder goed, maar na ’n paar minute begin sy rug pyn en dis toe dat hy die eggo in die berg weer eens hoor: “Los ...!” Hy sny die stem uit en druk deur sy pyn met die gedagte dat almal dit doen, so hy sal dit hierdeur kan maak. Hy gee nog ’n tree, maar sy voet vat nie vas nie en Die resies

deur die vals koor van vlugtende voëls na ander dele van die woud. Die eens rustige atmosfeer van die bos is nou ’n konsert van chaos en vernietiging. Die vlamme versprei vinnig, en elke boom wat hulle pad kruis, word as prooi beskou vir hul vraatsugtige honger. Die lug is dik met as, en dit maak dit moeilik om asem te haal. Die hitte is ondraaglik en selfs die sterkste bome buig onder die druk van die vlamme. Dit is ’n skouspel van uitwissing, ’n tragedie wat die natuur se skoonheid in ’n oogwink verslind. Die son verdwyn heeltemal agter die horison en die nagdonker bereik die verwoeste woud, maar selfs in die duisternis brand die vuur voort, ’n ewige herinnering aan die verwoestende effek van vuur ... Dit is ’n beeld van die mag van die natuur, ’n herinnering dat selfs die sterkste en mooiste dinge uiteindelik tot stof sal terugkeer, maar daar sal uit hierdie ’n nuwe begin ontkiem. Die bos sal weer groei, die voëls sal terugkeer en die krekels sal weer sing, want in die hart van die natuur is daar ’n ontembare krag, ’n krag wat nie deur vuur of vernietiging uitgewis kan word nie.

Stéphan Venter, graad 12

glip. Hy rol en rol by die berg af.

Hy word wakker in ’n mooi tuin met ’n seer kop en ’n deurmekaar gewete, onseker oor wat gebeur het. Toe hoor hy die stem, die eggo. Hy kon nie uitmaak wie die man was nie (sy oë moet nog aanpas by die lig wat skyn), maar hy het dadelik die stem herken. Hy vra die onbekende man toe dadelik uit oor hoeveel verder hy nou van die piek van die berg af is, maar die man het net gelag en gesê dat daar nie ’n piek is nie. “As daar nie ’n piek is nie, hoekom klim ons dan die berg?” “Om die verskillende tuine en blombeddings te sien.” “Wel, in al my jare het ek nie een tuin gesien nie.” “Want jy het in ’n rots vasgekyk, maar dis jou probleem.” “Waar is my rots nou?” vra hy benoud nadat hy besef het dat dit

nie meer by hom is nie. “Jy het uiteindelik gelos!”

100 BOISHAAI 156 YEARS

Made with FlippingBook flipbook maker