Boishaaier 2023
Kultuur / Culture
Skilderklasse
Gedurende 2023 het mnr S Visagie vir die derde agtereenvolgende jaar skilderklasse ná skool aangebied. Soos verwag, het sy leerders weereens werke van
hoogstaande gehalte voltooi. Die jaarlikse kunsuitstalling het deel gevorm van die kultuurdineefunksie. Hier is sommige van die trotse kunstenaars met van hulle werke:
Artist Ben Meyer
Artist Luka Malan
Artist mr S Visagie
Exhibition
Mike Wang
Virtuoso pianist Mike Wang placed second and won the international MANSH piano and Johann Voss Piano competitions, respectively.
Rekeningkundeolimpiade
Rekeningkunde olimpiade Agter: Christian Burger, Daniël Oosthuizen Voor: James Roberts, Adriaan de Villiers, me M Mostert, Heinrich Andrag, Hugo Bruwer
’n Groep van ses gr 12-leerders het aan die Proverto-olimpiade vir Rekeningkunde deelgeneem. Rondte 1 het gedurende die Grey-week plaasgevind en rondte 2 gedurende die Interskole week. Al ses leerders het deurgedring tot die tweede rondte en daar ook uitstekend gevaar. Almal het in beide rondtes ver bo die nasionale gemiddelde presteer en Adriaan de Villiers kon in die tweede rondte met 83% spog. Madré Mostert
Die ses kandidate was: Adriaan de Villiers, James Roberts, Heinrich Andrag, Christian Burger, Daniël Oosthuizen, Hugo Bruwer
72 BOISHAAI 155 YEARS
Made with FlippingBook - Online Brochure Maker