Boishaaier 2019

SCA / CSV

having potential on a level we all grasped. Heinrich Gabler, Mr South Africa 2019, brought God’s amazing grace and love for his children back to practicality and focused on the vision of hope. The band was a combination of #imagine representatives, professional musicians and formal worship leaders. Thanks to everyone that made this night so special. Op die Donderdagaand het ons met die hulp van ons hoofborg, Akademia, ons tweede Pa-en-seun-aand in die skoolsaal van HJS aangebied. Die gasspreker was die huidige mnr Suid-Afrika, Heinrich Gabler. Me Poppie Terblanche met die hulp van me Debora Redelinghuys het die saal ongelooflik stylvol opgemaak en die perfekte atmosfeer geskep vir ’n baie suksesvolle aand.

Mnr Heinrich Gabler het sy storie en ’n boodskap van hoop dat ons hemelse Pa altyd by ons sal wees aan die seuns en hulle pa’s oorgedra. Ondanks die afwesigheid van sy eie pa in sy lewe, het hy nooit moed opgegee om sy hemelse Pa in alles eerste te stel nie. Vicus Kruger het na sy toespraak alles mooi saamgevat en almal in ’n besonderse gebed gelei. Daarna het die pa’s en seuns saam geëet en lekker gekuier. Ons is baie opgewonde oor wat vir ons voorlê in die nuwe jaar. Ons sê saam dankie aan ons Hemelse Vader vir al die goeie tye van 2019 asook vir al sy liefde en bystand in die minder goeie tye. Ons wens is dat die hele Boishaaifamilie ’n geseënde Kerstyd sal beleef.

71

BOISHAAI 151 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online