Boishaaier 2019

BOODSKAP VAN HOOFSEUN 2019

BOODSKAP VAN HOOFSEUN 2019

G e a g t e m n r S w a r t , P e r s o n e e l , O u e r s , B o i s h a a i e n d a n d i e e r e g a s t e v a n v a n d a g : M a t r i e k s v a n 2 0 1 9

E k wil vra dat julle asseblief vinnig julle oë saam met my sal sluit en dat die seuns net hulle arms om die ou langs jou sal sit. Here, ons kom vandag voor U aan die einde van ’n ongelooflike 5 jaar. Ons kom om vir U dankie te sê sommer vir alles waarmee U ons geseën het: die ongelooflike onderwysers, ons ongelooflike families, maar dan veral die ongelooflike vriende van wie ons vandag afskeid neem. Ek bid en vra dat U elkeen wat vandag hartseer is, sal troos in die wete dat vandag se afskeid nie

permanent is nie en dat dit net die begin van ’n nuwe hoofstuk beteken. Here, ek bid dat U elkeen se hand sal vat die toekoms in en ons elkeen sal lei op die pad wat U vir ons beplan het. Ons loof en ons prys U naam vir alles. Amen. Nou, soos julle kan dink, was vandag sonder twyfel vir my die moeilikste toespraak om te skryf, want hoe beëindig jy vyf van die beste jare van jou lewe met ’n paar woorde? Ek het vir ’n lang tyd met hierdie idee in my kop gesit, totdat ek besef het dat vandag nie ’n ”goodbye, old friend” is nie, maar ’n

EMILE SCRIBA Hoofseun 2019

“till next time, old friend”. Sien, ons groet nie dié plek vandag nie. Nie naastenby nie. Vandag vorder ons net tot die volgende vlak van Boishaaierskap. Ek is seker ons gaan nog genoeg van dié skool kry in die toekoms … But allow me to break away from you lot for a minute. Matrics of 2020: The time has come for you to step up to the plate. The immense responsibility, honour and privilege of taking this school to new heights now lie upon your shoulders. Embrace it with the pride and passion you have displayed the past four years, and most importantly of all: do everything together. Because, if you stand together as one, nothing, and I mean nothing, can stand in your way. Then I would like every Grade 11 student to listen extremely carefully to what I am about to say … enjoy every moment, because it ís your last. And I know every second person has probably already told you this – same with me, and I didn’t take them seriously. Now

20 BOISHAAI 151 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online