Boishaaier 2019

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

MNR D SWART Skoolhoof

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

N atuurlik is die hoofkenmerk van ons leefwêreld dat daar ongelukkig nooit slegs rede vir blydskap is nie. Weereens moes ons by die grafte staan van geliefde kollegas, ouers en oudstudente. Ons bly egter in alles diep dankbaar teenoor ons Hemelse Vader en prys sy naam. Laat my toe om eerstens mnr Stéfan van Hansen en sy formidabele span te bedank vir hierdie publikasie. Dis ’n stukkie werk van hoogstaande gehalte waarop met reg ’n glasie Bolandse Beste geklink kan word. Die leser sal elders in hierdie publikasie weldra alles kan lees rakende die skool se topprestasies van 2019, maar vergun my om net die volgende te noem: Op sportgebied haal die o. 16A-hokkiespan die nasionale toptiengroep. Luciano Custodio word die Afrika 400 m-hekkieskampioen en Caleb Peceur verdien SA kleure in waterpolo. Achille Cloete word weer opgeneem in die Protea o. 19-krieketspan vir die toetsreeks teen Pakistan sowel as vir die komende junior Wêreldbeker. Die leser sal ook kennis neem van die groot aantal seuns wat SA kleure in rugby en hokkie verwerf het, met Tyler Bocks wat aangewys is as die SA Skole-onderkaptein. Die senior Sewesspan wen ook twee prestigeryke toernooie, naamlik die Villagers- en Marius Schoeman-toernooie, en kwalifiseer daarmee vir die Kampioen van Kampioene-toernooi.

Op atletiekgebied het die HJS, saam met Hoër Meisieskool, vir die eerste keer die Prestige-atletiekbyeenkoms gewen en gekwalifiseer vir die nasionale eindronde van die Twizza- kompetisie. Op tennisgebied is Willam Zulch vir die SA o. 16-span gekies wat in Tunisië aan ’n toernooi gaan deelneem. Hy is ook later opgeneem in die SA o. 18-oefengroep vir 2020. Luan Krige word gekies vir die SA Skolespan, en Frans Willem van der Merwe eindig vierde in Suid-Afrika by die nasionale toernooi vir seuns o. 14. Die eerste tennisspan eindig algeheel vierde in die land. On the golf course Tyran Snyders finished fourth in the SA Boys U19 Strokeplay Championship. This the biggest junior tournament in South Africa. In the SA Boys U19 Matchplay Championship, Tyran earned the 3rd position. He is now ranked the no. 7 junior in South Africa and has progressed significantly on the World Amateur Golf rankings, winning the North and South Junior Amateur Championship at Pinehurst, USA. In squash, Nicholas Cronje was placed 7th in the SA rankings, while Thomas Hudson achieved a 7th place in the African Championship Mountain Biking. Op kultuurgebied is Cantare aangewys as derde beste seunskoor in die land (ATKV-Applouskompetisie se Prestigeafdeling).

12 BOISHAAI 151 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online