BOISHAAIER 2015
LANDLOOP Agter:
Rickus Jonk, William Dommisse, Jan Nieuwoudt Middel: Alexander Kruger, Neil Bekker, William Kruger, Henry le Roux, Bob Fick Voor: Freddie Kirsten, Jannie du Toit, mnr. A van Heerden, Janco Boshoff, me. M Jansen van Rensburg, Janco Uys, Nikolai Coetzee
LANDLOOP
Boland Landbou Hoërskool, Hugenote Hoërskool, Paarl Gimasium, Labori Hoërskool, Hoër Jongenskool, La Rochelle, Hoër Meisieskool Paarl en Bridgehouse het gedurende die tweede en derde kwartaal aan landloopbyeenkomste deelgeneem. Elke skool het ’n beurt gekry om ’n byeenkoms aan te bied. Dit was werklik ’n voorreg om in so pragtige omgewing te hardloop. Onder die bekwame leiding en afrigting van me. Tanya Malherbe het ons seuns baie goed gevaar. Ons het in die derde kwartaal aan die interskole landloopbyeenkoms teen Paarl Gimnasium deelgeneem. Die byeenkoms was in die vorm van ’n aflos. Elke span het uit vier lede bestaan. Die uitslag was soos volg: JUNIOR SENIOR TOTAAL HJS 15 17 32 GIM 14 13 27 Ons wen dus met vyf punte. FINALE PUNTETELLING VAN DIE SEISOEN SE LIGABYEENKOMSTE (SLEGS DIE EERSTE TWEE SKOLE): Seuns (Junior en Senior) Hugenote 325 HJS 232 Baie dankie aan me. Tanya Malherbe, ons uiterse bekwame en entoesiastiese afrigter. Baie dankie aan ons atlete wat gereeld geoefen en deelgeneem het. Ons is trots op julle.
88
Made with FlippingBook - Online magazine maker