BOISHAAIER 2015
GHOLF
INTERHUISKOMPETISIE
PA�EN�SEUN�GHOLFDAG
Een en dertig spanne het vanjaar ingeskryf. Dit was ʼn heerlike dag saam met pa’s, en ‘gehuurde’ pa’s. Die wenpaar was Ruben Lourens en sy pa, Louis. Die dag is met ʼn prysuitdeling en ʼn ligte ete by die HJS- klubhuis afgesluit.
HJS se Interhuiskompetisie is ʼn jaarlikse instelling om die gholfkampioen van die skool te bepaal. Dit vind in die tweede kwartaal plaas. Vanjaar se wenners in die onderskeie afdelings was die volgende: • A-afdeling (houespel op ʼn 0-9 voorgee): Daniel Cronje (156 houe oor 36 putjies) • B-afdeling (stableford op ʼn 10-18 voorgee): Morné Bester (37 punte oor 18 putjies) • C-afdeling (ook stableford op ʼn 19+ voorgee) Jean van der Merwe (27 punte oor 18 putjies)
SA NASIONAAL �BLOEMFONTEIN� Agter: Daniel Cronje, Stephen-John Schmidt, Francois Cilliers Voor: Michael Labuschagne, Eduard de Villiers, mnr. J Barnard, Konrad Zeelie, Ethan Smith
NASIONALE HOËRSKOLEKAMPIOENSKAP
Vier spelers uit HJS het aan die Nasionale Hoërskolekampioenskap deelgeneem wat van 6-7 Augustus te Irene Country Club, Pretoria plaasgevind het. Die 23 beste skole uit elke streek, verteenwoordig deur 92 spelers, het teen mekaar meegeding. HJS het uitstekend presteer deur in die elfde posisie te eindig. Individueel het Eduard 24ste, Daniel 39ste, Ethan 45ste en Konrad 58ste geëindig.
Beste tellings was soos volg: Dag een: Eduard
75 79 76 77
Ethan Daniel Eduard
Dag twee:
131
Made with FlippingBook - Online magazine maker