BOISHAAIER 2015

SOMERLIGA

WINTERLIGA

Drie spanne het vir die winterligakompetisie ingeskryf. Die formaat van die kompetisie vir die eerste liga vir al drie spanne is ‘Stableford’ op ʼn 18-voorgee. Ons kompeteer teen dieselfde vyf skole. • Die eerste span het vyf uit vyf kompetisies gewen – ʼn totaal van 503 punte teenoor die opponent se 466. • Die tweede span wen drie uit vier kompetisies – ʼn totaal van 353 punte teenoor die opponente se 312. • Die derde span wen twee uit vier kompetisies – ʼn totaal van 283 punte teenoor die opponente se 263. Uit ʼn totaal van 15 kompetisies het HJS twaalf gewen en drie verloor. HJS is die wenners van die winterliga.

Drie spanne het vir die somerliga in Sentraal-Boland ingeskryf. Die formaat van die kompetisies is houespel op ʼn nul-voorgee. HJS (al drie spanne) speel teen vyf ander skole in die eerste liga, naamlik Somerset College, Paul Roos 1, Paul Roos 2, Parel Vallei, Paarl Gim en Bolandgholfunie (BGU). • Die totale aantal houe vir die eerste span was 736 teenoor die opponente se 805. Die tweede span speel 821 houe teenoor die 840 van die opponente. • Die derde span speel 864 houe teenoor die 869 van die opponente. Uit ʼn totaal van 15 kompetisies het HJS tien gewen, een gelykop gespeel en vier verloor. HJS is die wenners van die somerliga.

GHOLF 2DE SPAN Agter:

Jarrod Alberts, Jurie-Wynand Human

Voor:

Raymond Künz, Sebastian Smit, me. E Gaum, Tyran Snyders, Francois Cilliers

129

Made with FlippingBook - Online magazine maker