BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

beide Ca en S dien, en KCl as K-draer omdat Cl ook ’n essensiële voedings element is en teen die hoeveelhede wat dit toegedien word, nie skadelik is nie. Die verhoudings van die elemente kan gebruik word by die samestelling van vloeibare kunsmis, waar hoeveelhede met sowat 15% verminder kan word weens verwagte groter doeltreffendheid.

TABEL 25: Seisoenale riglynhoeveelhede N-, P- en K-bemesting vir wingerdkwekerye.

ELEMENT

N

P

K

Hoeveelheid (kg ha -1 )

120

12

55

Verhouding

10

1

4.6

Bron

KAN(28)

Enkelsupers(10.5)

KCl(50)

Hierdie kunsmis kan in drie of meer paaiemente vanaf sowat 4 weke na bot tot Januarie-Februarie toegedien word. Daar is sterk aanduidings dat grondkeuse en bestuurspraktyke oor die alge meen groter determinante t.o.v. kwekerysukses as bemesting is. Kwekeryprak tyke word gekenmerk deur o.a. intense grondbewerkingsaksies, waarvan die gebruik van die kapskaarploeg waarskynlik die meeste bydra tot struktuur en organiese materiaalvernietiging. Tereg word groot klem gelê op die toedie ning van kompos en veral hoendermis, maar dit blyk oneffektief te wees t.o.v. verhoging of selfs behoud van die organiese materiaalinhoud van die grond. In hierdie verband behoort daar indringend gekyk te word na effektiewe dek gewasse tydens beide die winter voor plant, maar ook tydens die somer na stokkies uithaal, gepaard met minimum bewerking.

8

97

Made with FlippingBook Annual report maker