BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

pH (KCl) 5.5 of hoër is nie. Waar dit nie die geval is nie, behoort die toediening van sowat 1 ton ha -1 kalk elke 5 jaar in die Ca-behoeftes van onderstokke te voor sien, wat dan ook as ’n bron van swawel (S) sal dien. Magnesium word ook verhoudelik tot wyndruiwe meer deur onderstokke opge neem. Geen spesifieke Mg-grondnorme of -bemesting word egter voorgestel nie, aangesien ’n Mg-tekort geredelik deur baie kenmerkende blaarsimptome gemanifesteer word, alvorens stokprestasie benadeel word. Daar kan dus betyds tussenbeide getree word met Mg-sulfaattoedienings indien sodanige simptome wel waargeneem word. Min proefondervindelike resultate t.o.v. wingerdkwekerybemesting is plaaslik en internasionaal beskikbaar en daar is in die verlede grootliks op praktyk inligting as riglyne staatgemaak. Daar is egter nie ’n goeie korrelasie tussen kwekerysukses en bemesting volgens hierdie benadering nie. In Wellington is aanduidings verkry dat die toename in droë materiaal van stokkies in ’n kwekery vergelykbaar is met lootproduksies in onderstokmoederblokke. Met dit as uitgangspunt kan kwekerybemesting soortgelyk aan dié van onder stokke wees, maar teen hoër hoeveelhede weens die intense besproeiing en gepaardgaande uitloging wat in kwekerye die geval is. Seisoenale riglynhoe veelhede N, P en K word in Tabel 25 aangebied. In die geval van vaste mis stowwe, word KAN as N-draer verkies omdat dit kalk bevat wat as bron van Ca dien, asook enkelsuperfosfaat as P-draer omdat dit gips bevat wat as bron van KWEKERYE

8

96

Made with FlippingBook Annual report maker