BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

ONDERSTOK-MOEDERBLOKKE

Die werk wat Conradie (2005) met onderstok-moederblokke uitgevoer het, het getoon dat die opname van misstofelemente wel in ’n mate deur onderstok- kultivar en grondtipe beïnvloed word, maar die gemiddelde opname per stok was vergelykbaar in al die eksperimentele blokke. Dit beteken dat die hoe veelheid voedingselemente wat per hektaar opgeneem word, grootliks deur plantwydte bepaal word. Gemiddelde seisoensopname van makro-elemente (met die aanname van ’n tipiese plantwydte van 2.7 x 1.2 m; c. 3000 stokke per hektaar), word in Tabel 24 aangetoon.

TABEL 24: Gemiddelde seisoensopname van misstofelemente deur wyndruifonder stokke.

ELEMENT

N

P

K

Ca

Mg 4.7

Gem. per stok (g)

17.6

2.6

11.5 13.3

Gem. per hektaar (kg)

53

8

35

40

14

Conradie (2005) se riglynaanbeveling van 100 kg ha -1 N, laat dus by hierdie plantwydte ruimte toe vir ondoeltreffendheid. Hierdie hoeveelheid N kan in 3-5 inkremente vanaf September tot Januarie toegedien word. Oormatige N-toediening kan die kwaliteit van die entmateriaal nadelig beïnvloed. Indien die P-inhoud van die grond < 30 mg kg 1 is, kan dit eenmalig reggestel word tydens grondvoorbereiding, of met gelokaliseerde diep plasing tussen die trekkerspoor en stokry in bestaande wingerd. As alternatief kan ’n seisoenale onderhoudsprogram van sowat 10 kg ha 1 P gevolg word, wat gerieflikheids halwe eenmalig aan die einde van die seisoen (Februarie-Maart) breedwerpig toegedien kan word, sodat dit ook deur die dekgewas benut en na dieper grondlae vervoer kan word. Kaliumbemesting word benodig indien die K-inhoud van die grond < 80 mg kg -1 is of minder as 4% van die KUK van die grond uitmaak. Dit kan soos P eenmalig of met diep plasing reggestel word in gronde met meer as 10% klei. Kalium word verhoudelik tot P teen dieselfde hoeveelhede as vir wyndruiwe opgeneem en as alternatief kan ’n seisoenale riglyn-hoeveelheid K van sowat 45 kg ha -1 toegedien word, veral in sanderige grond. Hierdie hoeveelheid K kan saam met N in 3-5 paaiemente oor die seisoen toegedien word. Opname van Ca deur onderstokke is verhoudelik aansienlik hoër as by wyndruiwe, maar geen Ca-bemesting word aanbeveel indien die grond

8

95

Made with FlippingBook Annual report maker