BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

TEN SLOTTE ’n Bemestingsprogram vir ’n wingerdblok, oftewel die vlakke waarteen sekere voedingstowwe as enkelelemente of in kombinasie bemes word, hang dus af van ’n paar belangrike faktore, naamlik: DIE GRONDTIPE: • Wat bepaal word deur die grondchemie en pH-tekorte, wat reeds by grond voorbereiding reggestel en aangevul moet word. • Die grondstruktuur en tekstuur bepaal die dreineringsvermoë of logings potensiaal van die grond – klipperige en/of sanderige gronde is meer onderhewig aan logingsverliese en die keuse van die bemestingstoftipe asook die toedieningsvlakke moet aangepas word teenoor gronde met hoër kleipersentasies. • % Koolstof- en organiese materiaalinhoud van die grond bepaal onder meer die mikrobelewe asook die mineralisasievermoë van die grond, met ander woorde die vermoë van grond om stikstof aan die wingerdstok beskikbaar te maak. ’n Grond met ’n hoë % C en organiese materiaal benodig heelwat minder voedingstofaanvullings, soos aangedui in Tabel 9. PRODUKSIEVLAKKE EN GEPAARDGAANDE WYNDOELWIT Dit is baie belangrik om te weet vir watter wyndoelwit/eindproduk die spesifieke wingerd bestuur word – premium-/kwaliteitswyn of bulkwyn? Vir premium-/ kwaliteitswyndoelwitte verkies wingerdkundiges en wynmakers wingerde met

7

92

Made with FlippingBook Annual report maker