BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

• Wat wel ’n feit is, is dat enige toestand wat die fotosintetiese kapasiteit/ werking van die blare kan benadeel aanleiding gee tot ’n verhoogde K- beweging van die blare/petiole na die trosse/korrels. Die belangrikste faktore wat hier ter sprake is, is baie wind; verdigte lowers en watertekorte in veral die rypwordingsperiode, wat tot verhoogte K in die trosse en mos lei. • Agenbach (2001) het bevind dat die seisoenale klimaat die grootste invloed op die K vlakke gehad het. Lowerbestuur en selfs die bemestingsbehan deling was nie betekenisvolle faktore nie, maar die grond se kaliuminhoud voor deurslaan; lootgroei (en natuurlik lowereienskappe) by en na deurslaan asook waterstremming in die rypwordingsperiode het wel die K-aansameling in die korrels affekteer. • Wooldridge (2012) het dan ook bevind dat die hoër natuurlike K-vlakke van die skaliegronde nie noodwending tot hoër K-vlakke in die druiwe en mos aanleiding gegee het teenoor die laer natuurlike vlakke in die granietgronde nie. Die K-“poel” en potensiaal vir translokasie na die trosse kan groter wees, maar daar is ander faktore wat die uiteindelike K-vlakke in die druiwe en wyn bepaal. • Indien hoë K-opname en beweging wel a.g.v. bogenoemde faktore plaas vind; is die potensiaal hoër dat die K-katione met die appelsuur kan bind en as kalium-bitartrate kan kristalliseer. Dit kan in die korrel of na afmaal gebeur en kan veroorsaak dat die totale suur afneem. Die pH mag egter verhoog; verlaag of dieselfde bly afhangend van die waarde. Kalsium en Mg • Heelwat plaaslike sowel as Europese wynmakers voer aan dat wyne afkomstig van kalkryke gronde (met hoë Ca-inhoud) wyne lewer met lae pH en goeie vaste sure wat veral lei tot jong witwyne met ’n lewendige; verfrissende palet met lemmetjiegeure. Hierdie wyne het dan ook ’n baie goeie verouderingspotensiaal, maar dit is nog nie wetenskaplik bewys dat hierdie karaktertrekke wel aan ’n hoë Ca-inhoud in die wyn toegeskryf kan word nie. • Verskillende praktyke, soos byvoorbeeld Ca- en Mg-bemesting en verskeie lowerbestuurpraktyke, is gebruik in ’n poging om die K-opname van gra nietryke wingerde te verminder (Engelbrecht, 2005 & Saayman, 2007). Daar is bevind dat Ca- en Mg-bemesting die sap-pH kan verlaag, maar die rede hiervoor was onduidelik. ’n Grondtoediening van Mg-sulfaat het die beste reaksie tot gevolg gehad, maar oormatige hoë toedienings van Mg-soute kan skadelik vir die grondstruktuur wees.

7

91

Made with FlippingBook Annual report maker