BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

gemiddelde tot effens skraler groeikrag wat van nature in balans is met laer produksievlakke – wat ook ’n laer voedingsbehoefte het. In die geval van hoër produserende bulkwynwingerde is dit nodig dat wingerde meer groeikragtig moet wees met gepaardgaande hoër voedingstofvlakke. DIE STREEK Streke met hoër reenval en veral op sekere grondtipes waar daar ’n groter logingspotensiaal is, vereis meer paaiemente en hoër bemestingstoedie ningspeile. Dieselfde geld ook waar intensiewe besproeiingspraktyke gevolg word teenoor droëlandwingerde of waar net aanvullend besproei word op hoë potensiaal-gronde met hoë waterhouvermoëns waar minder bemes kan word. ANDER FAKTORE WAT OOK ’N ROL KAN SPEEL IS BV. • wingerdouderdom – ou wingerde met diep en uitgebreide wortelstelsels is goed gebuffer en “sorg vir hulself” en het dus minder bemesting nodig. • sekere kultivars en onderstokkombinasies gee aanleiding tot baie sterk groeikrag waar bemestingsvlakke verlaag kan word bv. Sauvignon blanc; Cabernet; Shiraz; Colombar op Ramsey; R99; US 8/7. Daar moet dus gewaak word teen veralgemenings/standaard bemestings programme vir alle situasies en al bogenoemde faktore moet in ag geneem word met die uitwerk van ’n bemestingsprogram vir ’n spesifieke wingerdblok. Dit is belangrik dat die produsent; grond- en wingerdkundige; die wynmaker en die bemestingskundige en/of agent almal belyn is met die situasie en veral die wyndoelwit waarvoor die spesifieke wingerdblok bestuur word.

7

93

Made with FlippingBook Annual report maker