BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

• Wat die indirekte invloed betref is daar ’n direkte verband tussen die stik stofvlakke in ’n wingerdstok en die lootgroei. By hoë oftewel oormaatvlakke kan (oor)geil groeitoestande geïnduseer word met gevolglike verdigte lowers waar die prieelstelsel onvoldoende is en/of swak lowerbestuur toegepas word. Verdigte lowers gee aanleiding tot hoë pH-mos a.g.v. hoë kaliumtranslokasie na die trosse en die binding met tartrate en uitskeiding van K-bitartrate tydens en na die afmaalaksie, wat tot laer sure en hoë pH aanleiding gee. Minder wynsteensuur word ook onder digte lowertoestande geproduseer en appelsuur maak ’n groter komponent van die totale titreer bare sure uit. • Die swakker deurlugting van die digte lowers verhoog ook die risiko van swamsiektes en vrot wat swakker kwaliteit en selfs wangeure kan veroor saak in die wyn. Die swakker ligblootstelling van die trosse gee ook swakker kleurvorming by rooi druiwe. • Die oormaat stikstof kan ook as gevolg van die oorgeil groeitoestande tot groter “opgeblase” korrels lei, wat ’n verdunningseffek op die kleur en geur stowwe het – wat natuurlik nadelig is vir kwaliteitsproduksie. • Te veel stikstof in verhouding tot kalium in ’n wingerd tydens die lenteperiode kan aanleiding gee tot valse simptome van K-tekort. Fosfor Baie min feite oor P se direkte rol op druifsamestelling en wynkwaliteit/-karakter bestaan en al wat beskikbaar is, is dat P-tekorte aanleiding tot swakker groei en vrugset gee, wat ook op druifsamestelling en wynstyl/-kwaliteit ’n gevolg kan hê. Kalium • Dit word algemeen aanvaar dat veral gronde met hoë K-vlakke (natuurlik of a.g.v. K-bemesting) noodwendig tot hoë vlakke in die druiwe en uiteindelik in die wyn aanleiding gee. ’n Volgende aanname is dan dat hoë K-vlakke in die wingerdstok tot hoë vlakke in die druiwe lei, wat weer tot hoë pH/lae suur in mos en wyn aanleiding gee wat veral by rooiwyne ’n groot probleem kan wees. Beide hierdie twee aannames blyk nie heeltemal korrek te wees nie.

7

90

Made with FlippingBook Annual report maker