BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Stikstof

• Die stikstofstatus van ’n wingerd kan ’n direkte of indirekte invloed op druifsamestelling en uiteindelik die wynsensoriese eienskappe hê. Wat die direkte invloed betref, het verskeie navorsers bevind dat verhoogde N-toedienings in die wingerd tot verhoogde vlakke van die N-bindende verbindings soos totale N; aminosure; arginien; prolien; ammonium en FAN (totale assimileerbare N) aanleiding gee in die druiwe en mos. Hierdie N-verbindings is belangrike komponente; voorlopers en voeding vir gis- metabolisme vir geurstof- en aromavorming. • Daar moet voldoende hoeveelhede stikstof wees om goeie groei; blom en vrugset te verseker en vir optimum gisting moet daar ’n minimum van 250 tot 300 mg N/L FAN in die sap beskikbaar wees. • Lae N-vlakke in druiwe en mos gee weer aanleiding tot lae FAN-vlakke wat gismetabolisme verlaag en tot bv. sleepgisting of tot die vorming van H 2 S (waterstofsulfied) kan aanleiding gee, wat natuurlik nadelig vir wynkwaliteit en wynsensoriese eienskappe is. • In verskeie lande is daar ook navorsingsprojekte wat tans aan die gang is waar N-toedienings in die wingerd later in die seisoen gedoen word as blaar- en/of grondtoedienings, soms so laat as enkele weke voor die parstyd – om die effek op die druifsamestelling/wynstyl/geurstofspektrum te bepaal. Baie wisselende resultate word gerapporteer tussen die kultivars se reaksie op die verskillende behandelings. • Jordaan (2002) het bevind dat addisionele N-bemesting tydens die set- en deurslaanperiode ’n negatiewe effek op die FAN-inhoud van die mos gehad het, maar dat dit wel die korrelmassa verhoog het, wat positief vir produksiedoeleindes is maar nie vir kwaliteitswyndoelwitte nie. Dit moet in ag geneem word dat die grond waarop dié proef uitgevoer is, ’n koolstof- inhoud van 1.4% gehad het – ’n norm waar daar voldoende N in die grond behoort te wees. Conradie (2001) het getoon dat stikstofbemesting op grond met ’n koolstof-inhoud van 1.14%, geen effek op FAN-inhoud het nie. In teenstelling hiermee het stikstofbemesting wel op grond met ’n laer koolstofinhoud (0.50%C) ’n effek. Op dié grond is FAN-inhoud verhoog waar bemesting teen vrugset toegedien is, terwyl toediening teen deurslaan min der effektief was. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die waterstatus van ’n grond ook ’n belangrike rol kan speel. Op gronde wat teen deurslaan relatief droog is, kan geen effek op stikstofbemesting verwag word nie.

7

89

Made with FlippingBook Annual report maker