BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

H eelwat navorsingsresultate en algemene inligting is beskikbaar oor die rol en funksie wat sekere voedingstofelemente speel t.o.v. die fisiologiese en/of biochemiese prosesse in die wingerdstok. Die rol en funksie van die belangrikste makro- en mikro-elemente in die wingerdstok word in Hoofstuk 5 bespreek. Die meeste van die voedingstowwe as enkel-elemente of as ’n groep het ’n impak op korrelgroei en -samestelling op ’n direkte of indirekte wyse. Op ’n direkte wyse gaan dit daaroor of die voedingstofelemente in ’n tekort- of oormaat-situasie in die grond, wingerdstok en/of druiwe teenwoordig is. ’n Tekort aan voedingstowwe kan die fisiologiese en/of biochemiese prosesse in ’n wingerd benadeel terwyl ’n oormaat selfs toksies kan wees. Die tekort van ’n spesifieke voedingstofelement ontstaan wanneer daar beperkte opname van ’n spesifieke voedingstofelement plaasvind en dit gebeur gewoonlik as daar te lae vlakke van die element in die grond is of as daar nie voldoende water in die grond vir die opname is nie. Belangrik ook is dat voedingstofopname baie afhanklik is van die grond-pH wat bepaal of die element beskikbaar is of nie en die ideale grond-pH vir goeie opname is 5.5-6.5. Die indirekte wyse behels die groei van die wingerd wat benadeel of bevoor deel word deur ’n tekort of oormaat van die voedingstowwe. Die groeikrag en die bestuur daarvan bepaal die lowereienskappe en lighuishouding van die lowers. Die blootstelling van die trosse tesame met die effektiwiteit van die lower het ’n groot invloed op die uiteindelike druifsamestelling en gevolglik die wynkwaliteit en wynsensoriese eienskappe. Daar is egter min spesifieke studies, behalwe dalk met die uitsondering van stikstof, en in ’n mindere mate kalium, wat die direkte verwantskap tussen voedingstofvlakke in die korrel vergelyk met wynsensoriese eienskappe. Daarteenoor word die invloed van die ligging van ’n wingerd of dan die terroir – wat die kombinasie is van die klimaat, topografie en grondtipe van ’n spesifieke wingerd of streek – hetsy op die wynstyl of dan wynsensoriese eienskappe redelik goed bestudeer. Vervolgens ’n paar bevindinge uit plaaslike sowel as oorsese literatuur met betrekking tot spesifieke voedingstofelemente se direkte verwantskap met wynkwaliteit en/of wynsensoriese eienskappe:

7

88

Made with FlippingBook Annual report maker