BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

ROL VAN BENATTERS

Benatters is chemikalieë wat oppervlakspanning verlaag, wat die krag is wat benatting van oppervlaktes verhoed. Benatters werk op twee vlakke: • Hulle vergroot die kontakarea en retensietyd in die “hoeke en gaatjies” van die blaar, en • hulle modifiseer die eksterne waslaag en maak dit meer deurlaatbaar. Daar is twee soorte benatters: ionies en nie-ionies. In druiwe, het behandeling met benatters bewys dat meer voedingstowwe beskikbaar gestel word. Nie- ioniese benatters werk beter as ioniese benatters aangesien hulle: • inert is in die teenwoordigheid van soute, • versoenbaar is met die meeste organiese ione, en • nie onoplosbare soute vorm in die teenwoordigheid van harde water nie.

ROL VAN CHELATE

Die woord chelaat is afgelei van die Griekse woord vir “klou”. In bemestings tegnologie verwys dit na anorganiese voedingstowwe wat omhul word deur ’n organiese molekule. Huidig word mikro-voedingstowwe in die volgende kategorieë verdeel, nl. mineraaloksiede, mineraalsoute, en die volgende chelate: EDTA, DTPA, EDDHA, fulviensure, aminosure en koolhidrate.

6

TABEL 23: Tydsduur vir die absorpsie van 50% van die elemente toegedien as blaar voeding.

Nitrate, Sulfate, Oksiede

Sintetiese chelate 1 tot 6 ure 7 tot 11 dae

Organiese komplekse

ELEMENT

Stikstof (Ureum)

1 tot 6 ure

12 minute

Fosfaat Kalium Kalsium

15 dae

2 ure 1 uur 2 ure

4 dae 6 dae 5 ure

2 dae 3 dae 1 uur

Magnesium

< 1 uur

85

Made with FlippingBook Annual report maker