BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

BLAARVOEDING

Blare is nie regtig toegerus om water en voedingstowwe op te neem nie, maar eerder om die plant te beskerm teen waterverlies asook swam- en ander siekteaanvalle. Die kutikula op die buitewande is gemoeid met die opneem baarheid van voedingstowwe deur blare. Elemente in die ioniese vorm kan deur krake in die kutikula, sowel as deur stomata penetreer. Blaarvoeding is ’n handige hulpmiddel om die plant te help met opname van voedingstowwe, veral spoorelemente, wanneer die plant onder stres is en wor tels nie effektief funksioneer nie. Blaarvoeding moet slegs aanvullend gebruik word aangesien dit nooit die wortel-toegediende kunsmis kan vervang nie. Blaarvoedingbespuitings word die algemeenste gebruik om mikrovoedingstof wanbalanse reg te stel. Talle mikrovoedingstowwe word geredelik vasgelê deur die meeste gronde en word so onbeskikbaar vir die plant tydens grondbemes ting. Dit neem ’n baie klein hoeveelheid mikro-element-blaarvoeding om die gebrek reg te stel. Blaarvoeding is ’n handige tegniek om voeding aan te vul by die volgende toestande: • Droogte- en versuiptoestande • Verdigting • Hoë logingtoestande • Beseerde of geïnfekteerde wortelstelsels

• Koel periodes en stadige groei • Piekbehoeftes vir vinnige respons • Wanbalanse in die grond (hoë Mg, K, ens.)

6

FAKTORE WAT BLAARABSORPSIE VERHINDER Die ouderdom van die blaar blyk ’n rol te speel in die dikte van die kutikula. Daar is bewys dat jong blare meer absorbeer. Die omgewing beïnvloed kutikulaontwikkeling, aangesien skadu en humiditeit neig om dun kutikula aan te moedig. Hare aan enige kant van die blaar kan ook as versperring optree. Die hare skep hidrofobiese oppervlaktes wat water verhoed om volkome kontak met die kutikula te bewerkstellig. Die hoeveelheid hare (graad van beharing) van elke spesifieke variëteit moet in ag geneem word wanneer die gebruik van ’n benatter oorweeg word.

84

Made with FlippingBook Annual report maker