BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

BIOSTIMULANTE Landbou-biostimulante is biologiese of natuurlik-afkomstigde kunsmis-byvoeg middels wat plantgroei en -ontwikkeling bevorder. Biostimulante moet nie ver war word met landboumisstowwe wat voedingstoftekorte korrigeer nie, maar eerder as ’n byvoegmiddel wat ’n rol uitoefen op plantfisiologie om verskillende maniere van voedingstofopname en translokering te verbeter. Dit verhoog gewasgroeikrag en verbeter plantmetabolisme, wat weer lei tot hoër opbreng ste, vruggehalte en na oes-raklewe/-bewaring. Biostimulante het ook die vermoë om gewastoleransie tot abiotiese en biotiese stres te verhoog. Gewas- biostimulasie is daarom aanvullend tot gewasvoeding en gewasbeskerming en verhoog die verbouer se opbrengs op belegging. Daar is dus geen bewyse dat biostimulante by “normale” wingerde, met ’n realistiese prestasie, noodsaak lik is nie. In sodanige geval sal die toediening van biostimulante net lei tot ’n vermorsing van geld.

6

86

Made with FlippingBook Annual report maker