BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

toestande geskep en gehandhaaf word. Maak die toedienings verantwoordelik – nie oormatige volumes nie, en verkieslik in die herfs of winter. Indien baie vars materiaal gebruik word, moet die lente-N-bemestingspaaiement vergroot word om voorsiening te maak vir die moontlikheid van ’n N-negatiewe periode veroorsaak deur die afbreek van die materiaal. Vir produsente wat hul eie kompos wil voorberei, is die volgende aspekte nuttig om te oorweeg: • Moenie toelaat dat jou komposhoop ’n stortingsterrein vir afval word nie • Die terrein wat gebruik word moet aan wetlike vereistes voldoen • Kompos mag nie nader as 100 m vanaf ’n waterweg/-bron voorberei word nie • Die oppervlak waarop die kompos voorberei word mag nie deurlaatbaar vir water wees nie • Alle afloopwater moet in bedwang gehou word • Water moet beskikbaar wees • Sekere bestuursvereistes bestaan t.o.v. arbeid en implemente • Toegang tot rou materiale moet dit lewensvatbaar maak • Volumeverlies tydens komposteringsproses – 25-30% van die volume van die materiaal word verloor • Seisoene het ’n beduidende impak op die produksieproses – temperatuur, reën, rou materiale ens. Druiwedoppe en -pitte Dit is die mees toeganklike bron van organiese materiaal vir die meeste wyn druifprodusente. Die beste praktyk is om dit as deklaag op die wingerdry te gebruik, waar natuurlike prosesse die organiese materiaal sal afbreek. Druiwe doppe en -pitte kan ook gebruik word om kompos voor te berei, verkieslik in kombinasie met ander materiale soos houtblokkies (“chips”).

6

83

Made with FlippingBook Annual report maker