BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Mis Groot hoeveelhede hoendermis, veral braaikuikenmis, word jaarliks deur wingerdboere gebruik. Beesmis en lêhoendermis word egter ook gebruik. Alhoewel die NPK-samestelling van die onderskeie tipes mis relatief konstant is, is dit raadsaam om gereeld analises vanaf die verskaffers aan te vra. Toe dieningshoeveelhede moet bestuur word volgens die samestelling van die mis en die voedingsbehoeftes van die wingerd, sowel as die grondeienskappe. Die algemeen aanvaarde norm is dat 50% van die voedingstowwe vrygestel word in die 1ste jaar na toediening. Vir die oorblywende voedingstowwe word hierdie siklus dan herhaal in die daaropvolgende jare. Verbouingspraktyke, grondtemperatuur en vog speel ’n rol in die hoeveelheid voedingstowwe wat vrygestel word. Die beste tyd om mis toe te dien is in die na oes-periodes, of as ’n voedingsbron vir die dekgewas. Op hierdie manier word die vrystelling van voedingstowwe die beste bestuur. Produsente moet waak teen oormatige toedienings en/of langtermyntoe dienings – soos hierbo genoem lei dit tot die akkumulasie van P, K en mikro voedingstowwe wat wanbalanse in voedingstofopname kan induseer. Verder lei ontbinding van en N-mineralisasie uit hierdie materiale tot besoedeling van ondergronde en ondergrondse water. Verpilde mis (hoofsaaklik hoendermis) het gewoonlik soortgelyke voeding- stofkonsentrasies as los mis. Omdat dit maklik hanteer en akkuraat toegedien kan word, word dit beter bestuur en soortgelyk aan kunsmis gebruik. Verskeie handelsname word bemark, bv. Rescue, Neutrog, Enhancer. Kompos Aangesien kompos uit ’n wye verskeidenheid roumateriale vervaardig kan word, kan die konsentrasie en samestelling van die voedingstowwe daarin grootliks varieer. Dit is dus raadsaam om ’n ontleding van die produk aan te vra wanneer dit aangekoop word. Die vervaardigingsproses speel ’n belangrike rol in die kwaliteit van die produk. Indien dit nie goed bestuur is nie bestaan die risiko dat die proses nog nie volledig verloop het nie en dat die C:N-verhouding van die kompos te hoog is (>30:1). As jy nie ’n oorvloedige bron van rou materiale tot jou beskikking het nie, is dit oor die algemeen goedkoper om kompos te koop as om dit self voor te berei. Indien druiwedoppe en -pitte of ander organiese materiaal bv. hout “chips” beskikbaar is, oorweeg dit om dit dadelik in die wingerd toe te dien in plaas daarvan om dit eers te komposteer. Kompostering is ’n natuurlike afbreekpro ses van organiese materiaal en sal in die wingerd plaasvind indien die korrekte

6

82

Made with FlippingBook Annual report maker